Spanje maak arms oop vir migrante
Die 629 migrante aan boord van die reddingskip Aquarius het uiteindelik Sondag in Valencia, Spanje, voet aan wal gesit nadat sowel Italië as Malta geweier het om die vlugtelinge toe te laat.
Hulle was nege dae op see.
Pedro Sanchez, Spanje se nuwe eerste minister, het besluit om die vlugtelinge in sy land te verwelkom.
Italië en Malta se besluit om die immigranteskip wat deur Dokters Sonder Grense en SOS Mediterranee bedryf word, weg te wys, wys op die Europese Unie se toenemende stryd om die toeloop van mense wat uit konfliksituasies en van armoede af vlug, te verwerk.
Die mans, vroue en kinders is uit die Middellandse See gered. – Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie