Spanje kan sterker as Rusland wees
Rugby
Andrew Poolman - 'n Groot sprong in terme van verbetering word môre van die Namibiese rugbyspan vereis indien hy hoop om Spanje in Madrid onder te kry.
Die Namibiërs was wel laas naweek nie naastenby op hul beste toe hulle die eerste toets van hul Europese jaareindtoer met 20-47 teen Rusland verloor het nie, maar môre se opposisie is van dieselfde stoffasie, óf beter.
Inteendeel, op 10 Februarie vanjaar het Spanje met 20-13 teen Rusland in die einste Krasnodar gewen. Die Spanjaarde het vanjaar op die speelveld baie stewig in die Sesnasies B-afdeling gevaar en drie uit vyf gewen.
Dié reeks, wat ook die bepalende geleentheid vir die Europese streek se kwalifisering vir die 2019 Wêreldbeker was, is egter gekenmerk deur dissiplinêre optrede teen drie unies – Spanje, België en Roemenië.
In die tugsaak is al drie hierdie spanne skuldig bevind en 30 ligapunte elk is by België en Roemenië afgetrek (beide het onkiesbare spelers in ses wedstryde gebruik) en 'n massiewe 40 punte van Spanje (agt sulke wedstryde).
Hierdie straf het die einde beteken van Spanje en Roemenië se 2019 Wêreldbeker-hoop en hulle moes toesien hoe Rusland tot die kwalifiseerder vir Japan 2019 bevorder is.
Namibië se geskiedenis teen Spanje is ook maar ondergemiddeld, met net twee oorwinnings teenoor vier nederlae. Namibië se een sukses was in die goue era van Gerhard Mans se bulspan wat in 1991 onoorwonne in elf toetse was.
Die enigste ander keer dat hulle broekskeur die knoop kon deurhaak, was op 'n reënerige aand in Boekarest in Junie 2016, toe vleuel Russell van Wyk met die finale beweging voor die eindfluitjie 'n taktiese skop van Theuns Kotzé bemeester het om die gelykmakende drie vir Kotzé se wenskop te gaan druk (34-32).
Volgens die posisies op dié week se wêreldranglys is Rusland (19de), Spanje (20ste) en Namibië (22ste) almal in dieselfde portuurgroep, maar die besoekers uit Afrika toer sonder 'n hele string van hul eerste keuse spelers.
SPANJE SE REKORD VANJAAR
10 Februarie: klop Rusland in Krasnodar 20-13 (rustyd 15-10)
18 Februarie: klop Roemenië in Madrid 22-10 (rustyd 13-3)
3 Maart: verloor teen Georgië in Tbilisi 10-23 (rustyd 3-9)
11 Maart: klop Duitsland in Madrid 84-10 (rustyd 39-0)
18 Maart: verloor teen België in Brussel 10-18 (rustyd 0-12)
NAMIBIË SE REKORD TEEN SPANJE
(Namibiese kapteins en afrigters tussen hakies)
18 Mei 1991 in Madrid, wen 36-6 (Gerhard Mans, Henning Snyman)
27 November 2010 in Mallorca, verloor 23-20 (Jacques Nieuwenhuis, Johan Diergaardt)
17 November 2012 in Windhoek, Drienasies, verloor 38-37 (PJ van Lill, Danie Vermeulen)
21 Junie 2015, Nasiebeker in Boekarest: verloor 3-20 (PJ van Lill, Danie Vermeulen)
13 Junie 2016, Nasiebeker in Boekarest: wen 34-32 (Renaldo Bothma, Phil Davies)
10 Junie 2017, Nasiebeker in Montevideo: verloor 13-15 (Renaldo Bothma, Phil Davies)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie