Spaarwenk: Word ’n Wi-Fi-vraat
Wat is die eerste ding wat jy doen as jy by ’n vriend of familielid se huis kom, by ’n restaurant instap of ’n konferensie of vergadering in ’n ander kantoor bywoon?
“Is jy op onbeperkte data? Wat is jou WiFi-wagwoord?”
Kan jy mense vriende noem wat snoep is met hul WiFi-wagwoord? Net ’n grappie – as hulle op beperkte data is, moenie al hul data vreet nie!
Hoe meer jy onbeperkte data kan gebruik vir jou selfoon, hoe beter. Dit beteken jy kan ’n baie goedkoper pakket kies.
Wat ons bring by daardie SMS of oproep van jou selfoon-diensverskaffer dat jou tweejaarkontrak byna verby is.
Die meeste van ons begin al kwyl soos Pavlof se hondjies as ons hoor ons kan “opgradeer” na ’n nuwe, slimmer foon – mooi “getrein” op dié konsep.
En dis billik om ’n selfoonkontrak te oorweeg. Sonder ’n selfoon kan ’n mens regtig nie meer oor die weg kom nie en wie het R10 000, R20 000 of selfs meer as R30 000 wat los rondlê om ’n selfoon kontant te koop?
Terloops, dis meestal, maar nie meer noodwendig goedkoper om ’n foon kontant te koop nie, selfs al het jy daardie geld – ’n kollega wat onlangs die som gedoen het, het bevind haar nuwe iPhone-kontrak, data en oproepe ingesluit, is goedkoper oor twee jaar as wat net die foon haar kontant sou gekos het.
Tot so ’n paar jaar gelede was dit half onafwendbaar om elke twee jaar ’n nuwe foon te kry – of minstens om ’n nuwe battery te koop. Deesdae kan jy nie meer alle fone se battery vervang nie, maar genadiglik hou foonbatterye nou aansienlik langer.
Dit beteken as jou tweejaarkontrak uitloop, kan jy waarskynlik nog ’n hele ruk lank jou foon gebruik, sonder enige probleme. (My eie foon is nou drie jaar oud en toon geen teken dat hy of sy battery die gees wil gee nie.)
Dit gee jou die kans om óf oor te gaan op ’n maand-tot-maand-pakket met dieselfde voordele, maar minus die prys van die foon wat deel was van die kontrak, óf om ’n tweejaarkontrak minus ’n foon te sluit, óf om oor te slaan na ’n voorafbetaalde pakket.
Doen ’n bietjie huiswerk en vergelyk verskillende diensverskaffers se pakkette – met inagneming van jou behoeftes. As jy baie bel, moet jy uiteraard ’n pakket met baie beltyd kies. As jy meestal WhatsApp en Facebook op jou foon, het jy data nodig – maar as jy by die werk en by jou huis op WiFi is, het jy regtig nie so baie data nodig as wat jy dink nie.
Kyk ook na die pakkette wat kleiner verskaffers op die mark aanbied – danksy die feit dat jy jou nommer kan oordra, hoef jy immers nie meer getrou te wees aan ’n enkele diensverskaffer nie en kan jy die beste waarde vir jou rande uitsoek.
Wenk: Onthou altyd om ’n kredietperk op jou selfoonrekening te plaas sodat jou gebruik nie jou begroting kán oorskry nie. En oppas maar vir buitebondeltariewe as jy meer data of meer oproeptyd gebruik as wat jou pakket toelaat. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie