Sowat 800 000 mense neem jaarliks hul lewe

Drie keer meer mans as vroue pleeg selfmoord

13 September 2017 | Gesondheid
Ronelle Rademeyer - Selfmoord is nou wêreldwyd die tweede grootste oorsaak van sterftes onder jongmense tussen 15 en 29 jaar.

Verder neem digby 800 000 mense ter wêreld jaarliks hul eie lewe – met talle meer wat dit probeer, maar nie daarin slaag nie.

Dít is van die skokkende statistieke wat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) op 10 September tydens Internasionale Selfmoordvoorkomingsdag bekend gemaak het.

In Namibië bring 16,4 mans en 5,5 vroue uit elke 100 000 van die bevolking hulself jaarliks om die lewe. Namibiese mans is dus drie keer meer geneig as vroue om selfmoord te pleeg. Statistieke toon dit is ’n internasionale verskynsel dat meer mans as vroue selfmoord pleeg.

Verder blyk dit selfmoord kom nie net in ryk lande voor nie. Trouens, 78% van selfmoorde in 2015 is in lae- en middelinkomstelande aangemeld.

Die WHO sê selfmoord is ’n ernstige openbare gesondheidsprobleem wat voorkombaar is indien mense wat ontredderd en depressief voel, betyds hulp kry. Verder kos voorkoming ook nie baie geld nie. “Vir nasionale voorkomingsprogramme om suksesvol te wees, is dit belangrik dat omvattende, multisektorale strategieë ontwikkel word,” sê die WHO.

Wie is kwesbaar?

Ofskoon die skakel tussen selfmoord en geestesongesteldhede, soos depressie en alkoholmisbruik, in ryker lande ’n bewese verbintenis het, vind baie voorvalle op die ingewing van die oomblik plaas. Dit is wanneer mense oorweldig voel deur die stresvolle uitdagings in hul lewe soos finansiële probleme, verhoudings wat verbrokkel, siekte en chroniese pyn.

Daarbenewens kan konflik, rampe, geweld, misbruik, verlies of ’n gevoel van isolasie en eensaamheid ook tot selfmoord lei.

Daar word beraam dat 30% van selfmoorde plaasvind deurdat mense gifmiddels gebruik. Die meeste hiervan kom voor in landelike gebiede in die laer- en middelinkomste-lande waar mense ’n bestaan uit landbou maak.

Daarnaas pleeg baie mense selfmoord deur hulself te hang of te skiet.

Voorkombaar

Die WHO sê selfmoord ís voorkombaar. Die metodes sluit in om toegang tot middels waarmee selfmoord gepleeg kan word, te verminder; verantwoordelike beriggewing deur die media oor die kwessie, beleide wat die misbruik van alkohol voorkom; vroeë indentifisering en behandeling van mense met geestessiektes en akute emosionele stres en opvolgbehandeling vir mense wat reeds probeer het om hulself om die lewe te bring.

“Selfmoord is ‘n komplekse kwessie en daarom vereis voorkomingsmaatreëls koördinering en samewerking tussen verskeie sektore in die samelewing, insluitend gesondheid, onderwys, arbeid, landbou, die reg, sakewêreld en die media,” sê die WHO.

Dit is ook uiters belangrik dat gemeenskappe bewus gemaak word van die probleem en dat die stigmas oor depressie en selfmoord getakel word.



Blitsfeite

- Sowat 16,4 mans en 5,5 vroue per elke 100 000 van die bevolking pleeg in Namibië selfmoord.

- Wêreldwyd is die sterftesyfer 800 000 mense per jaar.

- Bykans 78% van selfmoorde in die wêreld is in lae- en middelinkomste-lande.

- Selfmoord is die tweede grootste oorsaak van sterftes onder mense tussen 15 en 29 jaar.

- Die meerderheid van mense pleeg selfmoord deur gifstowwe in te neem, hulself te hang of te skiet.

Soortgelyk

 

Drieling-ma sê dankie

16 ure gelede | Mense

Tanja BauseOp 25 Junie sal die drieling Mujaame, Kauzikua en Muhupise Tengee hul eerste dekade vier. Kort ná hul geboorte het hul ma, me. Orpa...

Suide se skaapboere kondig slagboikot aan

16 ure gelede | Plaaslik

Ronelle RademeyerDie krisis in die kleinveebedryf het weens die prysverskil op lamkarkasse hier en in Suid-Afrika só versleg dat skaapboere van Maandag af die uitvoerabattoirs...

Vermeende brandstigter 'te emosioneel' in hof

16 ure gelede | Howe

Francoise SteynbergDie vrou wat daarvan beskuldig­ word dat sy die geskiedkundige Seeheim Hotel buite Keetmans­hoop op 10 Junie laat afbrand het, me. Janine Almaviva Swartz...

Weer vir 21 Junie

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooiweer en matig tot warm in die Suide, andersins mooiweer en warm tot baie warm.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle in die oggend.GETYE...

Verstedeliking onder loep

16 ure gelede | Ministeries

Denver KistingIn 1990 het 43% van die wêreldbevolking in stedelike gebiede gewoon.Vyftien jaar later – teen 2015 – het dié syfer tot 54% geklim.Mnr. Derek...

Son gaan vandag 'stilstaan'

16 ure gelede | Wetenskap

Elvira Hattingh - Vandag om 12:07 sal die son regoor die Kreefskeerkring geleë wees en dus sy noordelikste posisie of verste punt vanaf die suidelike...

NIP ‘deeglik ondersoek’

16 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – ’n Deeglike ondersoek gaan van stapel gestuur word om beweringe van bedrog by die Nasionale Instituut vir Patologie (NIP) te ondersoek. Die...

‘Skooltye gaan oor kinders, nie ouers nie’

16 ure gelede | Onderwys

Republikein het met ouers in die hoofstad oor die nuwe voorgestelde skooltye gesels wat binnekort van toepassing sal wees. Volgens die minister van onderwys, kuns...

Hulpfonds verwelkom ACC-ondersoek

16 ure gelede | Onderwys

font face="Verdana" > Augetto Graig - Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het Dinsdag op ’n brief gereageer wat tans op sosiale media versprei...