Sowat 40 vermeende misdadigers loop hul rieme styf
Misdrywe sluit onder meer in huisbraak, diefstal uit voertuie en kaartkloning.
Windhoek se stadspolisie het die afgelope drie weke sowat 40 vermeende misdadigers in hegtenis geneem vir misdrywe wat wissel van huisbraak, diefstal uit voertuie, OTM-diefstal en kaartkloning.
Mnr. Abraham Kanime, hoof van die stadspolisie, het aan Nampa gesê misdadigers in Namibië spesialiseer nie meer net in een tipe misdaad nie en daarom is dit belangrik dat die gemeenskap by polisiëring betrokke raak.
“Dit is die gemeenskap én die polisie se taak om bedrywighede suksesvoller te maak. Jy kan nie meer wag tot 'n misdaad gebeur het nie. Bel die polisie as jy bekommerd oor verdagte optrede is,” sê Kanime.
Hy sê huisbrake en rooftogte vind nou ook helder oordag plaas.
Volgens hom was daar Dinsdag 'n huisinbraak in Windhoek-Wes waartydens twee verdagtes vasgetrek is en een op die vlug geslaan het, ná 'n lid van die publiek, wat snuf in die neus gekry het, met die polisie in verbinding getree het.
'n Gesteelde skootrekenaar is by die verdagtes gevind.
Kanime het 'n beroep op die publiek gedoen om elektroniese toerusting op so 'n manier te dra en te gebruik dat dit nie ongewenste aandag trek nie.
Hy het verder 'n beroep op mense gedoen om die polisie se kontaknommers byderhand te hê.– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie