Soutaanleg by Brakwater geopen

'n Vennootskap tussen soutvervaardigers, logistiekverskaffers en TransNamib bied vele voordele.
Augetto Graig
Augetto Graig - Cerebos Namibia het Dinsdag 'n nuwe soutverpakking- en verspreidingsaanleg naby Brakwater net buite Windhoek geopen.

Die aanleg is opgerig danksy 'n vennootskap tussen Cerebos - wat saam met Walvis Bay Salt and Chemicals en Walvis Bay Salt Refiners deel is van die reusegroep Bud Chemicals and Minerals -, Imperial Managed Solutions Namibia en TransNamib. Die vennootskap maak grootmaatspoorvervoer van verfynde sout uit Walvisbaai na Windhoek nou moontlik.

Volgens die besturende direkteur van Imperial, mnr. Markus van der Merwe, het die tekort aan beskikbare lorries op Walvisbaai sedert die ekonomiese verswakking wat in die derde kwartaal van 2017 begin het, 'n nuwe vervoeroplossing vir die hawedorp se sout genoodsaak. Hy sê tot 50 miljoen ton soutwater word jaarliks op Walvisbaai geprosesseer om tot 700 00 ton hoëgehaltesout per jaar daar te vervaardig.

“Ekango Salt Refiners, 'n filiaalmaatskappy van die Walvis Bay Salt Holdings en sy vennote, Cerebos SA, het uitdagings ervaar met die vervoer van die hoëgehaltesout-produkte na hul kliënte in Suider-Afrika,” het hy gesê. Aanvanklik was die enigste opsie om bykomende lorries van Windhoek na Walvisbaai te ontplooi, maar dit het ekstra koste en vertragings meegebring. Imperial het in die begin van 2018 Ekango om 'n beter oplossing genader.

Ná sowat 'n jaar se onderhandelinge, baie buite-die-boks-denke, en die wegbreek van tradisionele metodes, het die gedagte van 'n nuwe aanleg ontstaan.

Voortaan word die sout van Ekango se perseel op Walvisbaai vervoer na TransNamib se perseel by die kus, waar dit in eentonsakke gelaai en per spoor na sentrale Namibië vervoer word. Naby die nuwe aanleg word die sout by 'n spoorsylyn deur WP Transport afgelaai en na die produksielyn vervoer waar dit verpak en verder versprei word. “Ek is oortuig soos wat hierdie vennootskappe versterk, sal alle betrokke partye ook sterker word,” het Van der Merwe gesê.

Volgens TransNamib se hoofbeampte, mnr. Johny Smith, word sowat 700 ton sout per maand nou so vervoer, sowat 8 400 ton per jaar. Die werksaamhede het reeds in Oktober 2018 begin.

“Dit word verwag dat hierdie volume uiteindelik sal groei to 60 000 ton 'n jaar,” het Smith gesê.

Volgens hom is die vennootskap 'n voorbeeld van hoe die staatsonderneming voortaan nou met ander kliënte wil saamwerk, insluitend die ontwikkeling van ander sylyne om soortgelyke dienste ook aan ander te verskaf. “Hierdie is opwindende tye vir die spoorsektor en spesifiek vir TransNamib,” het hy gesê, veral synde die kabinet TransNamib se nuwe strategiese sakeplan in Desember goedgekeur het.

“By TransNamib het ons besef ons moet die manier herontwerp waarop ons sake doen. Sodoende sal ons beter diens aan ons kliënte lewer en meer waarde in die vervoer- en logistieksektor skep. Ons glo deur soortgelyke inisiatiewe sal ons uiteindelik die mededingende landskap van Namibië se logistieksektor verbeter binne die SADC-streek.” Volgens hom is TransNamib se doelwit duidelik: Om die volumes vrag op die land se spoorlyne te vergroot.

Die besturende direkteur van Cerebos Namibia, mnr. John Drinkwater, het gesê die nederige begin van die klein aanleg skop 'n wonderlik avontuur af waarin hy eksponensiële groei voorsien.

Die een produksielyn wat tans by die aanleg in werking is, verskaf reeds werk vir 12 Namibiërs. Volgens Drinkwater sal daar binne ses maande ten minste drie produksielyne in werking gestel word wat elk nog ses tot sewe werksgeleenthede sal beteken.

“Tans kan daar tussen 65 en 85 ton sout by die aanleg per dag verpak word, wat sowat 1 500 pakkette van 500 g of 1 kg sout per ton beteken. Ons sal die volumes kry en ons sal vinnig deur die verskeie fases beweeg,” het hy die versekering gegee.

Die minister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Tjekero Tweya, het amptelik die aanleg geopen. Hy het die vennote geprys vir hul bydrae tot werkskepping in die land waar werkloosheid 'n groot probleem is.

“Julle is die sout van die aarde,” het hy gesê. "As die sakesektor aanhou die vordering van ander nywerhede aanmoedig, veral onder klein en medium ondernemings, sal al hoe meer Namibiërs werk kry en so 'n inkomste kan verdien.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.23 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.27/OZ DOWN 0 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 807.10/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.89/BBP DOWN -0.005 | Platinum US$ 903.09/OZ DOWN -0.0075 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.23 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.27/OZ DOWN 0 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 807.10/T UP 0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.89/BBP DOWN -0.005 | Platinum US$ 903.09/OZ DOWN -0.0075