Sorgsentrum vir volwassenes geopen
'n Sentrum vir mense met gestremdhede wil met verskillende projekte vaardighede ontwikkel én help om inkomstes te genereer.
Tanja Bause – Die Namibia Special Need Adults Centre (NANAC) het onlangs sy deure in Windhoek vir volwassenes met spesiale behoeftes geopen.
Volgens me. Anita Nangombe, die hoofbeampte, is NANAC ’n dagsorgsentrum vir volwassenes met gestremdhede.
“Daar is nie so iets in Namibië nie. Kinders kan na spesiale skole soos Dagbreek of Môreson toe gaan, maar as hulle 18 jaar oud word, gaan sit hulle by die huis. Of as iemand in ’n ongeluk was, soos in die geval met Julian Roos, is daar geen plek waar hulle heen kan gaan nie,” het sy gesê.
Die sentrum beoog om met onder meer ’n tuin- en drukprojek die kliënte volgens hul vaardighede aan te stel en besig te hou.
“Hier by die sentrum kan hulle wees wie hulle is en word gestimuleer in ’n veilige omgewing. In die toekoms wil ons hulle aanstel en ’n salaris betaal. Ons gee vir hulle onafhanklikheid en verantwoordelikhede. Hulle voel belangrik en deel van die samelewing eerder as ’n las vir die familie.”
Tot dusver het 11 volwassenes met verskillende gestremdhede by die sentrum aangemeld van wie vier tot vyf gereeld elke dag by die sentrum is.
“Mense met ’n familielid wat by ons sentrum kan baat, kan kom inloer. Kliënte kan vir twee dae hier by die sentrum kuier en dan besluit of hulle wil aansluit,” het sy gesê.
Me. Suzanne Bonitz, Julian se tannie en stigter van NANAC, het vir lank gedink oor die skep van so ’n versorgingsentrum vir volwassenes.
“Julian was tien jaar gelede in ’n ongeluk en van daar af sit hy by die huis. Hy raak gefrustreerd en aggressief. Nou het sy houding verander. Hy is baie meer ontspanne en gelukkig. Hy kom huis toe, stort, eet en maak gereed, want môreoggend moet hy sentrum toe gaan. Dit is asof hy weer lus vir die lewe het en belangrik voel,” het sy gesê.
“Kliënte word gestimuleer en hulle besef dat hulle iets werd is. By die sentrum is jy nooit ’n las nie, maar deel van iets.”
Volgens Nangombe dink baie versorgers en familielede dat gestremdes niks kan doen nie.
“Daarom voel baie van hulle daar is geen nut vir sulke sentrums nie. Ons kliënte is mense en hulle verdien ’n kwaliteit lewe en dit is waarna ons streef om te voorsien. Ons wil deur middel ons projekte waarby ons kliënte baie betrokke sal wees, hulle help om selfonderhoudend te raak.”
“In ’n neutedop: Ons wil volwassenes met spesiale behoeftes ondersteun in hul persoonlike behoeftes en doelwitte, asook 'n gevoel van onafhanklikheid binne hul perke gee. Ook wil ons die geestelike en fisieke druk op familielede verlig - druk weens die versorging van iemand wat jy liefhet en wie se wêreld reeds radikaal verander het.”
Almal ouer as 18 jaar is welkom om by die sentrum besoek af te lê. Familielede en versorgers word versoek om Nangombe vooraf by 081 630 5971te kontak vir ’n afspraak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie