Sorge in middelveld: Gome uit, Hotto onseker
Die Brave Warriors is vasberade om die onlangse momentum van hul kwalifiserende aanslag vol te hou.
Afrigter Ricardo Mannetti sal sy opsies deeglik oorweeg vir Namibië se deurslaggewende tuiswedstryd komende Saterdag teen Guinee-Bissau in Windhoek.
Die middelveldspeler Wangu Gome is reeds uitgeskakel deur 'n knaende kniebesering, terwyl daar ook twyfel bestaan of Deon Hotto gereed sal wees.
Die Brave Warriors het goeie momentum opgebou in kwalifiserende groep K vir volgende jaar se Afrika Nasiebekertoernooi, maar komende naweek se tuiswedstryd is 'n deurslaggewende hindernis in die land se droom om vir die eerste keer ná 1998 en 2008 weer vir die kontinentale skouspel te kwalifiseer.
Mannetti het volgens 'n nuusvrystelling deur die Namibiese Sokkervereniging gesê die nasionale span se voorbereiding verloop volgens plan, ondanks die kommer oor die twee genoemde middelveldspelers.
“Wangu sal nie vir die wedstryd teen Guinee-Bissau beskikbaar wees nie, vanweë 'n knaende kniebesering wat hom reeds die afgelope paar maande pla. Ons mediese span het hard gewerk om hom te help herstel, maar op die oomblik lyk dit nie goed nie.”
Vanweë die besering kon Gome ook nie laas naweek vir sy Suid-Afrikaanse eersteligaklub Umoya FC uitdraf nie.
Mannetti sal ook sy opsies moet oorweeg vanweë die onsekerheid oor die middelveldspeler van Bidvest Wits, Deon Hotto.
“Deon sukkel met 'n dyspier en ons sal hom hierdie week op die oefenveld moet evalueer en 'n besluit neem.”
Hotto is Saterdag in Johannesburg halfpad deur sy klub se tuisnederlaag met 2-1 teen sy voormalige span Bloemfontein Celtic vervang.
Verlede maand het Hotto van die reserwebank af die wendoel behaal in die sege met 2-1 in Mosambiek. Hy het ook 'n verskyning in die tweede helfte gemaak toe die Brave Warriors die herontmoeting in Windhoek met 1-0 gewen het.
Kaartjies vir komende Saterdag word reeds teen N$50 elk deur Computicket-verkooppunte of by Sokkerhuis in Katutura verkoop.
Namibië en Guinee-Bissau is gesamentlik boaan kwalifiserende groep K met sewe punte elk, gevolg deur Zambië en Mosambiek met vier lke.
Die Brave Warriors se laaste kwalifiserende wedstryd sal 'n wegwedstryd teen Zambië op 22 Maart 2019 wees.
Elke groep se twee topspanne dring deur na die Afrika Nasiebekertoernooi wat vanaf 15 Junie tot 13 Julie 2019 in Kameroen gespeel sal word.
– NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie