Soos 'n eindstryd vir Warriors
Sokker
Tielman van Lill - Namibiese ondersteuners sal Sondag die Sam Nujoma-stadion moet volpak om die Tafel Lager Brave Warriors in hul beslissende tweede kwalifiserende wedstryd teen die Comore aan te vuur om vir die 2018 Afrika Nasieskampioenskap (Chan) te kwalifiseer.
Ricardo Mannetti, hoofafrigter, het gister by Sokkerhuis in Katutura sy groep van 19 spelers bekend gemaak wat vandag tot die finale 18 verminder sal word.
Hendrick Somaeb sal Sondag op sy beste moet wees as hy soos teen Zimbabwe en die Comore weer die doelnet wil tref.
Gelukkig vir hom is daar ander ysters in die beginspan wat hom kan bystaan om die telling aan die rol te hou.
Spelers soos die vlugvoetige vleuel Itamunua Keimune, Benjamin Nenkavu en Petrus Shitembi as 'n spelskepper van formaat kan voor 'n raserige tuisskare sorg dat die Selakante met leë hande huiswaarts keer.
Mannetti sê dié botsing is vir hom en die spelers soos 'n eindstryd wat alles beteken.
“Ons benader dit soos 'n finaal. Ons sal goed moet begin, want ons het tuis teen Zimbabwe swak weggespring en verlede Sondag dieselfde beleef teen Comore (wat met 2-1 gewen het). Ons sal vroeg ons doele moet aanteken en terselfdertyd sorg dat die opponente se telling op nul bly staan.”
Mannetti het herhaal dat mense Sondag die stadion soos teen Zimbabwe moet volpak.
“Ons moet die stadion in besit neem, want ons het ondersteuners nodig wat hulle kan intimideer soos wat ons was.
“Die ondersteuners moet betrokke raak tydens elke beweging wat die Warriors uitvoer.
“As ons aan die bal raak of opskiet vir verdediging, moet hulle geraas maak en die ouens aanmoedig sodat ons geskiedenis kan maak en vir die Afrika Nasieskampioenskap kwalifiseer,” het die breier vertel.
Met Riaan Hanamub en Tiberius Lombard wat vanweë vorige geelkaarte die botsing teen die Comore gaan misloop, het Mannetti hom tot die talentvolle Edmund Kambanda en Charles Hambira gewend.
Hoewel beide Kambanda en Hambira relatief onervare op internasionale vlak is, kan hul temperament vir die groot groot wedstryd dalk beproef word.
“Beide weet presies wat van hulle verwag word. Dit hang van hulle af om te wys waartoe hulle in staat is. Hulle het vir etlike maande in die oefengroep en het gesien wat die senior spelers doen. Dit is die regte tyd vir hulle om in die ander spelers se afwesigheid geskiedenis te maak,” het Mannetti afgesluit.
Kaartjie vir Sondag se botsing is teen N$30 by Sokkerhuis in Katutura asook Computicket beskikbaar. Die span van die Comore word vandag in die land verwag en sal gereed wees om Sondag om 15:00 die Brave Warriors die stryd aan te sê.
Die groep van 19: Edward Maova, Charles Uirab, Charles Hambira, Larry Horaeb, Edmund Kambanda, Dynamo Fredericks, Immanuel Heita, Benyamin Nenkavu, Petrus Shitembi, Absalom Iimbondi, Itamunua Keimuine, Roger Katjiteo, Mapenzi Muwanei, Muna Katupose, Hendrick Somaeb, Romario Ndjavera, Oswaldo Xamseb, Ferdinand Karongee en kaptein Ronald Ketjijere.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie