Sony koop dalk ál EMI se liedjies
Sony wil ’n beherende belang in EMI Music Publishing aanskaf, wat hom toegang sal gee tot meer as 2,1 miljoen liedjies van onder andere Jay-Z, Beyoncé en The Black Eyed Peas.
Sony besit reeds 40% van EMI, maar die maatskappy se eienaar, Mubadala Investment Co. van Abu Dhabi, is glo op soek na kopers vir sy belang, wat minstens $4 miljard werd is.
Toegang tot EMI se katalogus sal Sony se posisie versterk as die grootste uitgewer van musiek ter wêreld. Musiekstroming beteken die kopiereg op musiek word al hoe meer winsgewend. Benewens sy 40%-belang bestuur Sony reeds EMI.
Die verkoop van Mubadala se belang kan eers formeel einde Junie begin. Dit sal die grootste transaksie in die musiekbedryf wees sedert die groter EMI-groep in 2011 van hande verwissel het. As Sony nie wil opdok nie, is daar glo heelwat mededingers binne en buite die musiekbedryf wat belang stel, onder hulle Len Blavatnik, wat Warner Music besit.
Sony het wel sowat $12 miljard kontant op sy balansstaat. Betaalde stromingsdienste van Spotify en Apple het musiekverkope die afgelope drie jaar ’n groot hupstoot gegee. Opname-maatskappye besit die opnames van liedjies, terwyl musiekuitgewers die liedjies soos hulle oorspronklik geskryf is, besit. Kobalt Music, ’n Sweedse maatskappy, het verlede jaar $600 miljoen bestee aan Songs Music Publishing, wat Lorde en The Weeknd se liedjies besit, terwyl Concord Bicycle Music ingestem het om honderde miljoene dollars te betaal vir Imagem, wat liedjies van onder andere Justin Timberlake en Phil Collins besit.
EMI was saam met Universal, Warner en Sony een van die vier grootste opname-maatskappye voordat dit in 2011 ontbondel en verkoop is. Universal Music is nou die grootste opname-konsortium en besit EMI se opname-arm. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie