Sonverduistering van die beste in 'n eeu
Namibiërs wat na die verskynsel wil kyk, word herinner om slegs veilige, aangepaste toerusting te gebruik.
Elvira Hattingh
Namibiërs kan uitsien na een van die ses mees volledige en skouspelagtige sonsverduisterings van die eeu – 'n ringvormige verduistering Sondag wanneer die maan voor die son inskuif.
Die sterrekundige dr. Rhodri Evans van Cardiff Universiteit in Engeland sê dié verduistering sal oor die hele Namibië sigbaar wees en in die noorde van die land, naby die Angola-grens, sal dit sterk skemertoestande veroorsaak.
“Dit sal 'n ringvormige sonsverduistering wees, wat beteken die son sal steeds sigbaar wees en soos 'n helderskynende ring rondom die maan lyk. In Windhoek sal die son sowat 69% verduister wees, maar in die Noorde naby aan die Angola-grens sal dit tot 85% verduister wees,” het Evans gesê.
“In Windhoek sal die verduistering omstreeks 17:09 begin, 'n hoogtepunt teen 18:16 bereik en teen 19:16 eindig. Tye op ander plekke in die land kan so 'n klein bietjie verskil, maar nie noemenswaardig nie. Die hele verduistering sal sowat twee uur duur,” het hy gesê.
“Die sonsverduistering van Sondag is die moeite werd om te sien. In die afgelope eeu was daar verskeie sonverduisterings van Windhoek af sigbaar, maar naas die een van Junie 2001 is hierdie die naaste aan 'n algehele verduistering sover,” het hy gesê.
Ná hierdie verduistering sal minder skouspelagtige verduisterings in die volgende dekade voorkom – een in Desember 2020 en een in Februarie 2027.
Volgens Evans is die volgende groot verduistering in November 2030, wanneer 'n algehele verduistering sal plaasvind wat van Windhoek af gesien sal kan word.
“Dit sal die enigste algehele verduistering vir Windhoek in hierdie eeu wees,” het Evans gesê. Hy het verder gesê niemand moet Sondag direk na die son kyk nie aangesien die lig steeds skerp genoeg sal wees om permanente oogskade te veroorsaak.
“Moet nooit direk na die son kyk sonder behoorlike beskerming vir jou oë nie. Moet ook nie deur optiese toerusting soos teleskope, verkykers of kameras na die son kyk nie, behalwe as dit na behore daarvoor aangepas is. Die veiligste manier om na die verduistering te kyk, is deur 'n spesiaal aangepaste kamera wat dit op 'n muur of kaart kan projekteer.“
Evans het gister 'n praatjie getiteld “Namibië se 2017 sonverduistering – hoekom dit gebeur en wat om te verwag” by Unam aangebied as deel van die universiteit se Phoenix-projek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie