Sonny Bill vang graad met onderskeiding
Sonny Bill vang graad met onderskeiding

Sonny Bill vang graad met onderskeiding

Rugby
Sonny Bill Williams het gewys hy kan in die klaskamer sowel as op die rugbyveld uitstyg.

Williams het op Twitter onthul dat hy ’n BA-graad in toegepaste bestuur (sportbestuur) by Otago Polytechnic met onderskeiding verwerf het.

Williams (33) het ’n foto op Twitter geplaas in sy toga saam met sy gesin, asook ’n foto van die sertifikaat met die onderskrif: “Yes, a Pacific Islander, boxer, league, sevens & rugby player can GRADUATE! Don’t ever let anyone pigeon hole you. Alhamdulillah.”

Luidens ’n berig op stuff.co.nz is Williams een van tien Blues-spelers wat die afgelope jaar by Otago Polytechnic ingeskryf was.

Hulle kon klas loop op dié tersiêre instelling se satelliet-kampus in Auckland en het die res van die tyd van afstandsonderrig gebruik gemaak.

Williams het in April ’n knieoperasie ondergaan en sal in ’n stryd teen tyd gewikkel wees om te wys hy is reg om later vanjaar in sy derde Wêreldbeker-toernooi vir die All Blacks uit te draf.

Nieu-Seeland, die houer van die Webb Ellis-trofee ná die 2011 en 2015-toernooi, sal in September teen die Springbokke, Namibië, Italië en Kanada gegroepeer wees. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!