Sonkrag vir Mariental
Sonkrag vir Mariental

Sonkrag vir Mariental

NamPower se tenderproses het die grootste sonkragaanleg tot dusver in Namibië opgelewer.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die splinternuwe Hardap-sonkragaanleg van 37 MW is onlangs op Mariental bekend gestel.

Volgens mnr. Juan Laso, uitvoerende president van Alten Africa, is dié belegging van N$750 miljoen die grootste sonkragaanleg in Namibië.

“Die Hardap-sonkragaanleg is nou ’n werklikheid. Dit verteenwoordig ’n belangrike bydrae tot die elektrisiteitsnetwerk,” sê Laso.

Alten het die NamPower-tender gewen om die aanleg binne 25 jaar te bou, te besit en te bedryf.

Laso sê hoewel die Hardap-projek veel kleiner as die 350 MW- Aguascalientes-aanleg in Mexiko is, wat hy laas jaar gebou het, is dit een van die produktiefstes – danksy sy ligging en ingeboude tegnologie.

Alten het die aanleg deur middel van die internasionale kontrakteur Sterling and Wilson laat bou, wat deur die Namibiese subkontrakteurs Hopsol Africa en ander plaaslike diensverskaffers sowat 450 werksgeleenthede geskep het.

Eienaarskap van die nuwe aanleg is verdeel: 51% word deur Alten besit, 19% deur NamPower, 12% deur Mangrove, 12% deur First Place Investments en 6% deur Talyeni Investments.

Finansiering vir 73% van die aanleg se koste is deur Standard Bank Suid-Afrika en die Franse Proparco gereël, terwyl Alten die res gedek het.

NamPower het die perseel verskaf, omgewingsimpakstudies laat doen, en die infrastruktuur gebou om met die nasionale kragnetwerk te koppel om sodoende ’n aandeel in die aanleg te verkry.

Alten het ’n N$56 miljoen-lening aan die plaaslike bemagtigingsaandeelhouers Mangrove, First Place en Talynei vir hul aandele verskaf.

Volgens die nasionale kragverskaffer NamPower se besturende direkteur, mnr. Kahenge Haulofu, is die aanleg deel van die land se poging om kraginvoere te beperk en kragverskaffingsekuriteit te bevorder.

Haulofu het na die nasionale geïntegreerde hulpbronplan verwys wat binne die volgende twee tot vier jaar voorsiening vir die bou van nog ’n aanleg van 20 MW-sonkrag maak, een 40 MW-windkragaanleg, een 40 MW-biomassakragaanleg en ’n voltydse kragaanleg van 50 MW.

Die sonkragaanleg en die voltydse aanleg sal beide in vennootskap met onafhanklike kragverskaffers gebou word, het hy gesê.

Haulofu sê elektrisiteit is die ekonomie se stukrag.

Hy sê die ontwikkeling van infrastruktuur vir krag stimuleer ekonomiese groei en kan beter lewensgehalte en beter ekonomiese bedrywighede, veral op die platteland, aanmoedig.

Namibië kan deur plaaslike kragopwekking sy afhanklikheid van kraginvoere verminder, sê hy.

Mnr. Tom Alweendo, minister van myne en energie, sê Namibië het laas jaar 73% van sy kragvoorraad ingevoer.

Dit is die hoogste persentasie sedert onafhanklikheid en volgens Alweendo nie volhoubaar nie.

“Ons kan die situasie nie toelaat om voort te gaan nie,” sê hy.

Die minister het verwys na die regering se poging om die plaaslike kragmark te bevry deur ’n aangepaste enkelkopermodel en ’n beleid met betrekking tot onafhanklike kragopwekkers toe te pas.

Me. Leefa Ndilula het die aandag daarop gevestig dat al drie betrokke maatskappye deur Namibiese vroue besit word.

Mangrove behoort aan Ndilula, terwyl First Place Investments aan dr. Helena Ndume en me. Thirzah Paulus behoort, en Talyeni Investments is ’n vennootskap tussen me. Nambata Angula, me. Tangeni Erkana, me. Winnie Mukupuki en me. Einny Akwaake.

“Laat my toe om NamPower te prys vir sy sterk aandrang op 30% plaaslike deelname aan die projek, met die doel om plaaslike inwoners nie net deur middel van aandeelhouding te bemagtig nie, maar ook om te verseker vaardighede en kennis in die ontwikkeling van ’n sonkragaanleg word oorgedra,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.80/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.85% | Zinc US$ 2 866.10/T UP 2.12% | Brent Crude Oil US$ 88.02/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 904.81/OZ UP +0.30% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.80/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.85% | Zinc US$ 2 866.10/T UP 2.12% | Brent Crude Oil US$ 88.02/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 904.81/OZ UP +0.30%