Sonkrag vir Arebbusch

Nuwe tegnologie en goedkoper insettariewe dra by tot meer sonkraggebruik in Namibië.
Augetto Graig
Augetto Graig



In die hoofstad skyn die son op die Arebbusch Travel Lodge waar sonkrag nou tot 92% van dié oord se krag verskaf.

Tussen die akasiabome en kampeergeriewe lê die nuwe 204,8 kWp-sonkragstelsel wat bestaan uit 640 ­fotovoltaïese panele, gemonteer op 'n horisontale bewegingstelsel wat die son voortdurend volg.

Mnr. John Williams, die lodge se hoofbestuurder, is tot dusver tevrede met die sowat N$4,6 miljoen wat die gewilde rusoord in die installering van hul eie kragbron belê het.

“Die besparings wat in net 10 dae gemaak word, is massief,” het hy die afgelope week gesê.

“Bedags voorsien dit die wassery en die restaurant van krag. Dit voorsien in sowat 92% van my kragverbruik, en dit is nou wintertyd,” het ­Williams gesê.

Hy wil klippies onder die panele gooi om stof te verminder en dit nóg beter te laat funksioneer.

Volgens Williams is dié belegging gemaak om “groener te gaan”, besparings te maak, selfvoorsienend te wees, die druk van die munisipaliteit af te haal en om werk te skep.

Dit strook ook met planne vir Arebbusch se toekoms, wat insluit die uitbreiding van die bestaande infrastruktuur, en die opknapping van kamers en kampeereenhede, het ­Williams gesê.

Mnr. Jonathan Swart van Alensy Alternative Energy Systems het die perseel op Dinsdag 12 Julie besoek waar hy die projek amptelik aan ­Williams oorhandig het.

Hulle het in April reeds toerusting begin aanskaf en was teen Junie gereed vir sowat 'n maand se installeringswerk.

Mnr. Peter Beckers was Alensy se ingenieur vir die projek, mnr. Norbert Dörgeloh was die projek se hoofbestuurder, mnr. Jonathan Swart was die operasionele bestuurder en mnr. Cornel Swart die meganiese inge­nieur vir die projek.

Volgens Swart is Arebbusch die eerste kommersiële stelsel wat die maatskappy in Windhoek geïnstalleer het, hoewel die Namibiese maat­skappy al 'n massiewe alleenstaande hibriede stelsel in Tsumkwe gebou het en tans besig is met die installering van 30 000 panele vir 'n vierde 5 megawatt-sonkragplaas.

Swart sê dié tegnologie is in Namibië bewys en die panele word vir 25 jaar se produksie, met 'n kapasiteit van minstens 80%, gewaarborg.

Met die Arebbusch-projek kan die lodge verwag om binne vier jaar die waarde van die installering deur middel van besparings te herwin, sê hy.

Ook die koste van die panele, wat Alensy by JA Solar in China gekry het, is deesdae tot 'n derde laer as in 2006.

'n Aspek wat tans nog die verspreiding van dié tegnologie vertraag, is 'n tekort aan beskikbare batterykapasiteit. Alensy se manne is tans in China op soek na oplossings.

Een soort tegnologie wat wel reeds beskikbaar is, waarvan Williams graag gebruik maak, is 'n app wat hom voortdurend op hoogte hou van kragver­skaffing en -verbruik by ­Arebbusch. Die ingeboude rekordstelsel berg inligting van tot 'n jaar oud en vergemaklik die vergelyking en monitering van die stelsel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!