Song Night goed op dreef

Die immergewilde Song Night is terug by die Warehouse-teater in Windhoek en gaan dinge vanjaar so ’n bietjie anders aanpak.

Sedert die begin van dié projek in 2011 het Song Night ‘n huishoudelike naam in die vermaakwêreld geword.

Hierdie gratis platform bied jong en opkomende sangers mentorskap, gratis sanglesse en verhoogopleiding.

Die grootste voordeel van laasgenoemde is dat alle sangers wat oudisies slaag, die geleentheid kry om regstreeks met begeleiding op te tree – ‘n kans wat min onbekende sangers kry.

In 2018 het Song Night besoek aan Swakopmund en Walvisbaai afgelê en na Windhoek teruggekeer om shows by Imagine Games Café te hou om die organiese proses wat agt jaar gelede begin is, nogmaals aan die gang te sit.

Song Night het ook die Song Night Junior-program van stapel gestuur om mentorskap aan sangers jonger as 16 te bied.

"Dit was moeilik en die veranderinge was uitdagend, maar ons het besef met die regte ondersteuning is alles moontlik," het Lize Ehlers, Song Night se stigter en direkteur, gesê.

Die kompetisie sal in Maart by die Warehouse wees, met RMB Namibia en die FirstRand Namibia Foundation Trust wat N$185 000 bydra om dié geleentheid weer moontlik te maak.

Die mediavennoot 99FM is ook weer aan boord.

Die toegewyde Song Night-band gaan voort om die sangers op die verhoog te begelei.

House of Poulton ontwerp vanjaar se gasheer, Adriano Visagie, se klere, terwyl die stilis Martina Pieper kunstenaars van raad verskaf.

Die plaaslike operasensasie en die stemafrigter Emily Dangwa bied ondersteuning in die stemafdeling en Fantastic Sam Nails Perfection gaan sorg dat almal se naels mooi blink.

Miss Jey Arts sal die ambassadeur, gasheer en regisseur van elke optrede se grimering behartig.

"Ons sien uit na nog 'n jaar van groei, emosionele shows en Namibiese stemreise," het sy gesê.

"Ons is ook baie trots om aan te kondig Song Night het 'n nuwe ambassadeur vir 2019: Treza Cooper. Bedags is sy ’n 99FM-radiojoggie en saans ’n liedjieskrywer en sanger.

“Treza kom al 'n lang pad met haar musiekloopbaan. Sy het haar debuut- enkelsnit aan die einde van 2018 vrygestel.

“Song Night glo Treza se reis weerspieël ander Song Nighters se reise van die afgelope agt jaar. Sy het bewys dit is nie maklik nie, maar moontlik.

“Song Night bied Treza 'n ondersteuningstruktuur in die Namibiese musiekbedryf en bied haar verskeie geleenthede buite die platform."

Oudisies skop op 6 Maart om 18:00 by die Warehouse-teater se Cellar of Rock in Talstraat af, met die tema "Trots Namibies”.

Die eerste vertoning vind op 27 Maart om 20:00 by die Warehouse-teater plaas. Kaartjies kan teen N$100 by Events Today of by die deur gekoop word.

“Opkomende Namibiese sangers moet weet hul stem is nie die enigste ding wat hul potensiaal toon nie. Stiptelikheid, passie, voorbereiding en 'n professionele houding tel ook,” sê Lize.

Hou Kollig vir verdere inligting dop.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!