Sondige natuur is aangebore

11 October 2018 | Rubrieke
Nooit sou ek vermoed daar is so ’n lang lys doodsondes afgesien van die eerste sewe nie.

#TheEighthDeadlySin.

Jy mag nie jou naaste se Wi-Fi begeer nie, en die gebod wat hieraan gelykstaande is: Jy mag nie jou naaste se kar Corvette nie.

Jy mag nie vir ’n vrou vra in watter gewigsklas sy is nie, tensy jy, soos ek, ’n sportjoernalis en sy ’n bokser is.

Jy mag nie vir ’n vrou sê sy moet kalmeer nie. Moet ook nie die woord “histeries” gebruik nie. Dis nou tensy jy haar weergawe van Serena versus Naomi in die Amerikaanse Ope tenniseindstryd wil sien. Ons het al te veel goeie manne verloor wat só doodgewurg is.

Jy mag nie klimaatsverandering ontken nie. Hou op lewe asof die aarde ’n Planeet B het.

Jy mag nie doen wat jy vroeër vandag gedoen het nie. En gister, en die vorige dag.

Jy mag nie met die Kardashians byhou nie. (Gehoor, vroulief?)

Jy mag nie pynappel op ’n pizza sit nie. Ook nie andersom nie.

Jy mag nie die sameroeper wees van ’n eindelose vergadering wat eintlik ewe goed ’n e-posboodskap kon gewees het nie.

Jy mag nie in ’n nederige stemtoon spogkla nie, met ’n humble brag soos: “Jy sal nie glo nie, ek moes laas week amper N$17 000 kontant betaal om my kar se regterkantse spieël te vervang. . .”

Op sosiale media mag jy mag nie spelfoute maak nie, maar jy mag ook nie oordeel oor mense wat jy nie ken nie. Maar die vernaamste oortreding wat jy kan pleeg (naas kettingboodskappe aanstuur), is om vir iemand ’n lang antwoord te skryf en hom vir 15 minute te laat staar na. . . en dan vee jy dit uit en stuur dit nie.

Wenk: As jy haastig is, doen dit vir nege minute en stuur net ’n “k”.

Jy mag nie teen jou tuisdorp se span skree nie. Addendum A: Jy mag hulle ook nie op sosiale media slegsê nie.

Jy mag nie ’n liter of ’n tweeliter terug in die yskas sit met minder as ’n slukkie oor nie.

Jy mag nie gedagtes koester dat Pepsi beter as Coke is nie.

Dié twee is so vanselfsprekend dat ek seker is niemand doen dit óóit nie: Jy mag nie vir jou eks ’n boodskappie stuur terwyl jy gesuip is nie, en verál nie dronk bestuur nie.

Jy mag nie sonder rede ongeskik wees nie. Ja, jy. Koolkop.

Jy mag nie die badkamer verlaat sonder om jou hande te was nie.

Jy mag nie praat oor Fight Club nie.

Het jy geweet die agtste dodelike sonde moes om finansiële redes uit die finale fliekweergawe van Se7en gesny word? Blykbaar is dit ook ’n doodsonde om te hoop die opvolgfliek Ei8ht is binnekort op pad.

Jy mag nie weier om iemand te vergewe as hy/sy nederig verantwoordelikheid aanvaar en ’n verskoning aanbied en vra hoe hy/sy die saak kan regstel nie. Hierdie een is in werklikheid nié ’n grappie nie. Dis in die Bybel en Jesus se woorde en Hy het dit inderdaad selfs nóg eenvoudiger gestel. Soek dit op.

As jy Mike Pence is, mag jy nie onrein gedagtes sonder Moeder se toestemming hê nie.

Jy mag nie kop in een mus met Rusland wees, of vir Ivanka Trump begeer as sy jou dogter is, of die huidige Amerikaanse president sonder toesig van ’n volwassene laat nie.

As jy dom is, moet jy net slim wees.

Soortgelyk

 

Pas jou rug op

15 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - Môre word Wêreldruggraatdag met die tema “Wees lief vir jou ruggraat” gevier. Lede van die Namibiese Chiropraktisynsvereniging en van hul pasiënte het...

Kleurryke Pik Botha sterf op 86

15 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – Die afgelope naweek is selfs in die internasionale nuus wyd berig oor die afsterwe van die kleurryke en legendariese voormalige minister van...

Onwettige sandmyne se dae getel

15 ure gelede | Misdaad

Kenya Kambowe - Die omgewingskommissaris se kantoor is tans besig met die wysiging van omgewingsregulasies om hulle minder dubbelsinnig te maak en suksesvolle vervolgings te...

Ichingo Chobe River Lodge wen weer

15 ure gelede | In beeld

Ichingo Chobe River Lodge in die Zambezistreek is vir die tweede agtereenvolgende jaar tydens die Wêreldreistoekennings as die beste tentsafarikamp in Namibië aangewys. Die 2018-toekennings...

Namibië deel van vlootsimposium

15 ure gelede | Ministeries

Die senior verdedigingsbeampte en verdedigingsattaché vir die Amerikaanse ambassade in Windhoek, lt.kol. John Lacy, het verlede maand die Namibiese vlootbevelvoerder, skout-admiraal Sinsy Nghipandua, na die...

Weer vir 12 Oktober 2018

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die verre noordelike streke. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloe­dig warm wees met enkele buie in...

Drie sterf in ongelukke

15 ure gelede | Ongelukke

Drie mense het hul lewens die naweek in motorongelukke en ’n treinongeluk verloor. In ’n kop-teen-kop-botsing op die pad tussen Walvisbaai en Swakopmund is ’n...

Sossusvlei Desert Lodge beste safari-lodge

15 ure gelede | In beeld

&Beyond Sossusvlei Desert Lodge is as die beste safari-lodge in Namibië tydens die Wêreldreistoekennings aangewys. In 2016 het dié luukse safari-lodge ook met hierdie toekenning...

Kamushinda van vuilspel beskuldig

15 ure gelede | Howe

Catherine Sasman - Namibië se hooggeregshof het verlede Dinsdag uitspraak voorbehou in die saak waarin Zimbabwe se Metropolitan Bank en World Eagle Investment (Pty) Ltd...