Sondelorrie breek muur af

16 June 2017 | Plaaslik
Des Erasmus - Die voortslepende stryd tussen inwoners van Omaruru en karweiers met beweerde Chinese konneksies het opnuut opgevlam toe een van die padreuse se wiele uitgeval het en deur ‘n muur voor ‘n huis gebars het.

Die vragmotors vervoer massiewe granietblokke van groewe naby die Omatjete-nedersetting noordwes van Omaruru na klipwerke voor Walvisbaai waar ‘n oorlaaiery na normale vragte dan vir uitvoer deur die hawe gedoen word. Besware deur die inwoners van Omaruru is dat die padmonsters dikwels snags deur die dorp beweeg met ‘n gepaardgaande lawaai. Daar word openlik beweer dat dit ná donker gedoen word om hul weë nie met dié van verkeersinspekteurs te laat kruis nie.

Nog beweringe is dat die lorries ver bo hul dravermoë gelaai word. Juis ‘n oorlaaiery het glo aanleiding gegee daartoe dat een van die sleepwaens in die middel van sy bak op straat geknak het. Ander het op straat gestaan nadat van die buitebande onder die oorlaaide vragdraers geswig het.

Van Omaruru na die klipwerke naby Walvisbaai word glo ook verskillende roetes gevolg om wetstoepassers te vermy. Die oorlaaiery word dan voor die Walvisbaaise weegbrug gedoen.

Beweringe op Omaruru is dat daar wel met verkeersinstansies geskakel is, maar toe is gesuggereer dat daar nie opgetree kan word nie omdat daar benewens die Chinese ook ander belangegroepe is.

Oor die vragwa se wiel wat deur die muur gebars het, word gesê die dravermoë van die ou grote word op die bakwerk aangedui as 28 ton. Die gewig van die granietblokke word eweneens op die rots aangedui. Dit was 48 ton.

Soortgelyk

 

Nog ‘n bejaarde op Swakopmund vermoor

17 ure gelede | Misdaad

Die ligaam van ‘n 78-jarige man is vanoggend deur lede van die Namibiese polisie by sy huis op Swakopmund in die Vineta-woonbuurt gevind. Volgens hoofinsp....

Ongeluk buite Okahandja

19 ure gelede | Ongelukke

'n Bakkie met 'n sleepwa met beeste was vanoggend buite Okahandja in 'n ongeluk betrokke.Die ongeluk het sowat 10 km noord van Okahandja op die...

Toeriste se veiligheid van belang

21 ure gelede | Toerisme

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het vanoggend tydens 'n nuuskonferensie in die hoofstad aangekondig dat 'n spesiale polisie-eenheid vir toeristeveiligheid...

Tienjarige vir moord ondersoek

1 dag gelede | Misdaad

Die polisie in die Noorde ondersoek 'n saak van moord nadat 'n 10-jarige seun na bewering die bure se vierjarige seun versmoor het deur sand...

Bouwerk aan Neckartaldam gestaak

1 dag gelede | Ministeries

Ronelle RademeyerKonstruksiewerk aan die Neckartaldam buite Keetmanshoop is gister vir die tweede keer in vier maande gestaak aangesien die minister van landbou, water en bosbou...

Sonder stene word Uis 'n broodlose dorp

1 dag gelede | Plaaslik

Des ErasmusVir 'n geskatte 2 000 afhanklikes van die unieke steenbedryf op Uis gaan die brood van hul tafels verdwyn wanneer gedwonge isolasie Namclay se...

Weer, Vrydag 18 Augustus 2017

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Aanvanklik baie koud, maar andersins mooiweer en koud tot matig. In die Noorde sal dit warm tot baie warm wees.KUS: Sonnig en warm in...

Omaruru pure perd met tentedorp

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Des ErasmusKamp Runnik noem die ­organiseerders van Omaruru se Kunsroete die tente­kommune waarmee behuisingsnood in die dorp se hoogtepunt van die jaar aangespreek gaan word....

Chinese beskuldigde in miljarde se bedrogsaak verbeur borggeld

1 dag gelede | Howe

Jacqueline Louw – Een van die sewe Chinese burgers wat saam met ’n Walvisbaaise sakeman tereg staan op klagte wat verband hou met ’n N$3,5...