Son sak oor Air Namibia
Son sak oor Air Namibia

Son sak oor Air Namibia

Terwyl die regering volhou Air Namibia se likwidasie is op die lang termyn die beste uitweg vir die land, sing vakbonde en die toerismebedryf ‘n ander deuntjie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Die son het finaal gesak oor Namibia se 75 jaar oue nasionale redery, Air Namibia.

Die groen lig vir die likwidasie is reeds in Augustus verlede jaar deur die kabinet gegee, maar dit kon nie amptelik gemaak word voordat die onderhandelinge met Castlelake Aviation in die VSA oor die huurkontrakte vir die twee Airbus A330-200’s nie afgehandel was nie.

Die regering het waarborge van N$2,5 miljard hiervoor verskaf.

Die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, het vroeër aan Republikein gesê hy kon daarin slaag om op ‘n skikkingsbedrag van US$108 miljoen (sowat N$1,62 miljard) met Castlelake ooreen te kom, pleks van die verskuldigde US$154 miljoen (sowat N$2,25 miljard).

Die regering het verder ook onderneem om aan elkeen van die 636 werknemers ‘n ex gratia-bedrag gelykstaande aan een jaar se salaris te betaal. Dit is bo en behalwe hul skeidingspakkette, het Jooste gister gesê.

Hy het joernaliste gister in Windhoek saam met die minister van finansies, mnr. Ipumbu Shiimi, asook die direkteur-generaal van die nasionale beplanningskommissie, mnr. Obeth Kandjoze, oor die einde van die pad vir Air Namibia toegespreek.

“As voorsitter van die kabinetskomitee op tesourie (CCT) wil ek sê dié komitee het baie hard gewerk om elke moontlike opsie te ondersoek om ons nasionale redery, Air Namibia, te red,” was Shiimi se openingswoorde.

Dié komitee het die vakbonde en bestuur van Air Namibia Woensdagmiddag in kennis gestel dat die kabinet die besluit om Air Namibia te likwideer, goedgekeur het.

Jooste het gister gesê dit was “’n aaklige ervaring” vir almal wat by die besluit betrokke was en hulle het dit as “traumaties” ervaar.

Hy sê ’n gebrekkige sakeplan waarvolgens die verkeerde vliegtuie op die verkeerde roetes ingespan is, was grootliks vir Air Namibia se ondergang verantwoordelik.

Volgens Jooste was dit goedkoper om Air Namibia tydens die inperking aan die gang te hou as toe dit op al die roetes gevlieg het.

Hy sê Air Namibia se maandelikse operasionele verliese tydens die inperking het N$111 miljoen beloop, terwyl dit voor die Covid-19-pandemie sowat N$190 miljoen per maand beloop het.

Shiimi het daarop gewys dat die regering N$8 miljard bestee het om Air Namibia se vliegtuie in die lug te hou, en gesê die ekonomiese situasie in die land het sodanig versleg dat die regering nie langer dié las kan bekostig nie.

Intussen het die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) as die Swapo-geaffilieerde sambreelliggaam vir die land se vakbonde, gister Jooste se kop geëis.

Die NUNW het ’n openbare beroep op pres. Hage Geingob gedoen om hom summier af te dank. Die sekretaris-generaal, mnr. Job Muniaro, het aangevoer Jooste het die kabinet mislei en moedswillig die likwidasie van Air Namibia aangemoedig (Sien berig elders).

Shiimi en Jooste het egter benadruk die besluit is nie ligtelik of in isolasie geneem nie. “Elke enkele besluit was gesamentlik geneem. Alles wat ons gedoen het, was in die beste belang van die aandeelhouer (regering) en die nasie,” het Jooste gesê.

Die nasionale redery se bates het in Augustus verlede jaar N$981 miljoen beloop, het hy gister gesê. Hierteenoor was die laste in daardie stadium sowat N$3 miljard.

VLIEëNIERS EN KAJUITBEMANNING

Die president van die Namibiese Lugrederyvlieëniersvereniging (Napa), mnr. Heino Jakob, het gesê altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se vlerke is geknip, “maar dit was te wagte”.

Mnr. Willem Christiaans, president van die Namibië Kajuitbemamming-unie (NCCU) sê 140 kajuitbemanningslede van Air Namiba sit sonder werk.

“Ons het dit verwag, maar nie op só ‘n groot skaal nie. Ons het beslis nie die likwidasie verwag nie en ons is teleurgestel in die roete wat die aandeelhouers ingeslaan het,” het hy gesê.

“Ons is baie bekommerd oor die langtermyn impak wat die werksverliese op die Namibiese ekonomie sal hê, soos in die geval van die Fishrot-sage waar vissermanne op straat beland en selfmoord gepleeg het.”

Christiaans sê hul twaalf maande ex gratia-pakket moet egter “soos Jooste sê, as ’n geskenk gesien word”.

TOERISMESEKTOR

Intussen is die einde van Air Namibia gister deur die toerismesektor as “’n reuseverlies” beskryf.

“Die teenwoordigheid van ’n nasionale lugredery is ’n groot en magtige bemarkingskrag vir ’n land. Die lojaliteit van ’n nasionale lugredery vir ’n land is onvervangbaar,” het die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold, gesê.

“Ons kan net hoop die gaping wat Air Namibia los, word gevul sodat lugverbindings tussen Namibië en die wêreld oor die lang termyn gevestig word,” het sy gesê.

Die Toer- en Safarivereniging van Namibië (Tasa) sê Air Namibia het die land in samewerking met die Namibië Toerismeraad (NTB) as bestemming bemark. “Toeriste sal Namibië steeds besoek, maar ander lugrederye sal hul bestemmings bemark terwyl Air Namibia altyd Namibië as bestemming bemark het.”

Die Opkomende Toerisme-ondernemingsvereniging (Etea), Karverhuringsmaatskappy van Namibië (Caran) en Vereniging vir Namibiese Reisagente (Anta) meen “jare van politieke inmenging, korrupsie, nepotisme en swak bestuur en besluite het tot die val van die lugredery gelei”.

Die Namibië Professionele Jagtersvereniging (Napha) is bekommerd oor die vervoer van vuurwapens, ammunisie en jagtrofeë, “want sommige lugrederye weier om sulke items te vervoer terwyl Air Namibia altyd ’n getroue vennoot was”.
[email protected]
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%