Son sak ‘finaal’ oor Zuma-era

Jacob Zuma se loopbaan was "bevlek met skande".
Deur Philda Essop - Die SAKP het hul stem by dié van ander Suid-Afrikaners gevoeg en pres. Jacob Zuma se lang uitstaande bedanking verwelkom.

Dit was ’n stap wat volgens die party lankal moes gebeur het.

Die “vlakke van die parasitiese plundery” van openbare hulpbronne onder pres. Jacob Zuma se leierskap, waaronder die afdanking van ministers wat in sy pad gestaan het, “die erodering van die swaar verdiende oppergesag van die reg, die manipulasie van die openbare uitsaaier en die veiling van ons nasionale soewereiniteit in die najaag van private ophoping, het groot skade aan ons land aangerig. Die hoofslagoffer van die agenda van staatskaping waarin pres. Zuma sentraal was, het veral ’n onherstelbare impak op die werkersklas en die landelike en stedelike armes gehad”.

Lesse moet geleer word uit Zuma se bedanking. “In die eerste plek was dit nie ’n gewillige afstaan van mag nie. Slegs ’n uitgerekte stryd van binne die ANC en sy alliansie het die president uiteindelik uitgedryf. Die SAKP is trots op die rol wat hy gespeel het ten opsigte van binne die alliansie en inderdaad ook van binne die ANC-koukus.”

Die party het ook joernaliste bedank vir hul rol in die verwikkeling.

Die land moet onder geen illusie verkeer dat die stryd teen staatskaping en die stryd teen die plunder van openbare hulpbronne geëindig het nie. “Ons moet nooit weer ’n individu, ongeag sy rol in die bevrydingstryd, toelaat om verhewe te wees bó organisatoriese dissipline, kollektiewe leierskap en die demokratiese oppergesag van die reg nie.”

Bantu Holomisa, UDM-leier het op Twitter gesê: “Uiteindelik het #Zuma die handdoek ingegooi. Dankie tog. Jy het die land gekos en in die proses die prestasies van ons vryheid vernietig.”

Fikile Mbalula, minister van polisie, het op sy beurt ook op Twitter vir Zuma bedank omdat hy die geleentheid aan hom gegee het om as minister te dien en sy talente ten toon te stel “. . . dit was inderdaad ’n voorreg nie ’n reg nie”. Hy het sy twiet wat ook Zoeloe-woorde bevat het, afgesluit met die woorde dat hulle ’n boek sal skryf.

Die Ahmed Kathrada-stigting het ook Zuma se besluit verwelkom om te bedank. “Vanaand se aankondiging van Zuma se bedanking is een wat begroet sal word met ’n slaak van verligting deur alle Suid-Afrikaners,” het Neeshan Balton, uitvoerende direkteur van die stigting, gesê.

“Vir die eerste keer in amper ’n dekade kan Suid-Afrikaners verheug wees dat die son finaal oor die Zuma-era gesak het. Ondanks die feit dat dit ’n lang tyd geneem het vir die stemme van gewone mense om gehoor te word, kan ons dit uiteindelik vier dat die president wat ’n simbool van die erosie van staatsintegriteit geword het, die amp verlaat het.”

Intussen beskryf Llewellyn Prince Zuma se loopbaan as "bevlek met skande". Sy bande met die omstrede Gupta-familie deur wie hy na bewering netwerke van patronaatskap aan die lewe gehou en staatsentiteite op die rand van bankrotskap deur beweerde staatskaping gebring het, sowel as die meer as R240 miljoen se staatsgeld wat gebruik is om sy private woning by Nkandla op te knap, sal seer sekerlik as sy nalatenskap onthou word.

Zuma is op 12 April 1942 in KwaNxamalala in Nkandla, KwaZulu-Natal gebore.

Hy het hom in 1959 by die ANC-jeugliga en die destydse vakbondfederasie Sactu aangesluit, en is kort daarna vir die ANC se gewapende vleuel, Umkhonto weSizwe, gewerf.

Hy is in 1963 naby Zeerust in Noordwes as 21-jarige in hegtenis geneem en tot tien jaar tronkstraf as politieke gevangene op Robbeneiland gevonnis. Hy is in 1973 vrygelaat.

Hy het ná sy vrylating sy werk vir die ANC voortgesit en veral jeugdiges vir militêre opleiding in Mosambiek gewerf.

Pres. Jacob Zuma se loopbaan sedert hy in 2009 president van Suid-Afrika geword het, was bevlek met die een skandaal ná die ander.

In 1975 het hy Suid-Afrika verlaat, waarna hy in Swaziland en Mosambiek gebaseer was.

Hier het hy met oudpres. Thabo Mbeki begin saamwerk en ook senior poste in die ANC begin beklee.

Hy het ook vir die SAKP begin werk en in 1978 militêre opleiding in die destydse Sowjetunie ondergaan.

Hy het Mosambiek saam met ander ANC-leiers verlaat, waarna hy as intelligensiehoof by die ANC-hoofkantoor in Lusaka, Zambië, aangestel is.

Hy en Mbeki is deur die destydse ANC-president O.R. Tambo aangestel om in die 1980’s vir die eerste keer met die apartheidsregering in Suid-Afrika te begin onderhandel.

Met oudpres. Nelson Mandela se vrylating uit die tronk in 1990, het Zuma na Suid-Afrika teruggekeer.

Hy het kort daarna die ANC-voorsitter in Suid-Natal geword en is in 1991 ook as die ANC se adjunk-sekretaris-generaal onder Cyril Ramaphosa (nou adjunkpresident) verkies.

Zuma het die ANC in 1991 by Kodesa verteenwoordig.

In 1994 het Zuma die LUR vir ekonomiese ontwikkeling en toerisme in KwaZulu-Natal geword.

Hy het in 1999 adjunkpresident van Suid-Afrika geword totdat hy in 2005 deur Mbeki afgedank is ná bewerings van korrupsie saam met die veroordeelde bedrieër Schabir Shaik.

Zuma het in 2007 in Polokwane die ANC-president geword.

Mbeki is kort daarna herroep voordat Zuma op 9 Mei 2009 Suid-Afrika se president geword het.

In sy termyn is hy deur sowat tien mosies van wantroue in die gesig gestaar, met die mees onlangse een in 2017 waartydens talle ANC-LP’s ook opposisiepartye se mosie gesteun het.

Hy word ook deur verskeie korrupsieverwante-aanklagte in die sogenaamde spioenasiebandesage in die gesig gestaar. - Netwerk24, Bykomende bron: www.thepresidency.gov.za

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36%