u2018Son is helder in Oosteu2019
u2018Son is helder in Oosteu2019

‘Son is helder in Ooste’

Die Asiese reus het uitgereik na ander ‘vriende’ ná onderhandeling met Amerika tot stilstand gekom het.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – China se ambassadeur in Namibië, mnr. Zhang Yiming, lê alle blaam vir die toenemend bitter handelsamesprekings tussen sy land en Amerika vierkantig voor die Amerikaanse administrasie se deur.

Volgens Yiming ontwrig Amerika se gedrag verskaffingskettings wêreldwyd.

“Vir ons Afrikavriende: As dit donker in die Weste is, is dit helder in die Ooste,” het Yiming gesê en ‘n beroep op Afrikalande gedoen om die “sneltrein van Chinese ontwikkeling te klim en by die voordele te baat”.

Hy het gesê terwyl die konflik tussen die twee ekonomiese reuse bestaan, sal China en Namibië mekaar ekonomies komplementeer.

Volgens hom bied China ‘n mark van 1,4 miljard mense en is Namibië vir dié land van belang weens sy uitgestrektheid en sy rykheid aan natuurlike hulpbronne.

“Die uitvoer van landbouprodukte soos oesters, beesvleis en druiwe na China het ‘n belowende toekoms. Daar is ook groot moontlikhede vir samewerking tussen die twee lande op die gebiede van landbou en toerisme.”

China bied onderskeidelik sy eerste China-Afrika- Ekonomiese en Handelsekspo en tweede China- Internasionale Invoer-ekspo in Junie en November aan.

Op ‘n vraag of Afrika en die Namibiese regering kant moet kies in die handelsamesprekings met Amerika het Yiming gesê: “Ek dink ons Afrikavriende en mense in die wêreld is intelligent genoeg om self te besef wie is die werklike vriend wat op ontwikkeling en vooruitgang in die wêreld fokus.”

Yiming sê voortgesette onderhandeling met Amerika is nie ‘n “oorlog” wat onvermydelik ander ekonomieë, insluitende die Afrikastreek s’n, betrek soos dikwels in die internasionale media uitgebeeld word nie.

“As die twee grootste ekonomieë het China en Amerika die verantwoordelikheid om ‘n goeie internasionale ekonomiese handelsorde te vestig om die stabiele groei van die wêreldekonomie te bevorder,” het hy gesê.

Yiming sê die Trump-administrasie dreig sedert 2017 met bykomende tariewe en ander maatreëls en het herhaalde wrywing met ander groot handelsvennote “uitgelok”.

Sedert Februarie 2018 is ekonomiese en handelskonsultasies tussen China en Amerika gehou en het die twee lande grootliks oor ’n moontlike ooreenkoms saamgestem.

Volgens Yiming het Amerika sedert Mei vanjaar, toe dié konsultasies einde se kant toe begin staan, dreigemente oor ‘n tariefverhoging gemaak en weer “roekeloos” begin onderhandel.

Op 10 en 13 Mei het Amerika bykomende tariewe op invoere uit China ingestel, wat US$500 miljard beloop.

Die Amerikaanse administrasie het onlangs ook sanksies teen Huawei en ander Chinese maatskappye ingestel.

“In die lig van Amerika se onredelike afknouery moes China die nodige teenmatreëls instel,” het hy gesê.

Dié maatreëls sluit China se aankondiging op 31 Mei in dat hy ‘n “onbetroubare entiteitlysstelsel” sal vestig wat volgens Yiming die “beste teenaanval” is om “gewetenlose pretbederwers” te takel.



“China is gewillig om ‘n benadering van samewerking te aanvaar, maar dit het ook voorwaardes. Hy wil nie ‘n handelsoorlog hê nie, maar is geensins bang vir een nie,” het Yiming gesê.

Hy het gesê Amerika se “uiters selfsugtige gedrag” oortree die reëls van die Wêreldhandelsorganisasie en rig skade aan die bilaterale handelstelsel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!