Somer, son, seemeeue en roomys

14 December 2018 | Kuns en vermaak
Almal is mal oor Desembers aan Namibië se kus. Somer, son, saffier, lekker weer en ’n luilekker vakansiegees is waarvan menige vakansieganger al die hele jaar droom.

Of jy nou langs die viswaters uitspan, ’n familiebraai op die harde sand geniet of agterop ’n kwadfiets op die duine rondrits, almal wil in Desember by die see wees.

Maar die see en al die pret wat daarmee gepaard gaan, is nie dieselfde sonder vakansiekos nie.

Wat jy ook al in jou lewe aanvang, al die goeie tye en goeie herinneringe gaan met goeie kos gepaard.

Die bekende Mole op Swakopmund lok jaarliks duisende mense van oraloor die wêreld.

Party kom swem, ander is daar vir foto’s en die res eet roomys by Café Mole.

Café Mole is deel van die Strand Hotel en is hul weergawe van ’n wegneemete-restaurant.

Swakop wemel van roomysplekke, dus moes Café Mole seker maak hul roomys is die beste op die dorp.

En dit ís heel moontlik so. Die roomys is romerig en uniek, maar wat dit besonders maak, is die resepte wat gevolg word soos die Italianers dit self sou maak.

Dis byna soos gelato.

Met die perfekte ligging sorg Café Mole vir meer as net ’n lekker dag in die son.

Die personeel is vriendelik en bereid om alles in hul vermoë te doen om jou kuiertjie by dié informele restaurant so gemaklik moontlik te maak. Vir die jongspan is daar baie om te doen, terwyl Mamma en Pappa aan ’n Rock Shandy teug.

Afgesien van al die soet lekkernye wat hulle aanbied, bied die restautant ook ’n wye verskeidenheid peuselhappies, slaptjips, gebak en ligte etes. In die winter kan jy aan die sop-van-die-dag smul, terwyl Swakop sy mismantel oorgooi.

’n Topverkoper en een van die gewildste disse op die spyskaart is hul vis-en-tjips. Inwoners en vakansiegangers staan tou en slaan so te sê vuis om aan hierdie vars, diepgebraaide stokvis en thin crisps te smul.

As jy nie ’n voorliefde vir seekos het nie, kan jy jou tande in die hamburger, bratwurst, frikkadelle, samoesas of quiche’e laat wegsink. Daar is werklik iets vir almal se smaakkliere.

’n Reeks koffies, alles natuurlik Slowtown-bone, kan met ’n oliebol, sny tert of vars gebak geniet word.

Café Mole laat jou vir ’n oomblik dink jy sit en eet Europese kos, maar op Venice Beach se stoep. Dis die beste van alle wêrelde.

As jy Swakopmund hierdie Desember besoek, maak seker jy gooi ’n draai by Café Mole.

Indien jy vergeet het om ’n vriend of familielid se Kersgeskenk te koop, trakteer hulle op roomys by Café Mole.

Roomys is nooit ’n slegte idee nie – veral as jy dit met seemeeue deel.

Café Mole is daagliks van 10:00 tot 18:00 oop (besigheidsure op vakansiedae sal verskil).

Besoek die O&L-groep se webtuiste vir meer inligting.

Soortgelyk

 

Ses sterf in grubotsing

13 ure gelede | Ongelukke

Ses mense is in ’n kop-teen-kop-botsing vanoggend tussen Okahandja en Windhoek dood. Een van die voertuie het ná die botsing aan die brand geslaan. Na...

SDFN houses at Kalkfeld nearing completion

13 ure gelede | Infrastruktuur

KALKFELD – The construction of 18 houses by the Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) is nearing completion at the Kalkfeld settlement in the Otjozondjupa...

Manlike pasiënt 'twee keer' besny

13 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Die ministerie van finansies het 'n forensiese ondersoek na die eispatrone van verskaffers van gesondheidsdienste van stapel gestuur om moontlike bedrog by die...

Kaptein wou terugdraai voor 157 sterf

13 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer Die kaptein van Ethiopian Airlines se vlug ET302 het toestemming gehad om die vliegtuig terug te draai na die Internasionale Lughawe Bole by...

Só vaar die Verkrygingsraad

13 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig Struikelblokke kan in geleenthede omskep word. Só sê me. Lischen Ramakhutla, die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se administratiewe hoof.Sy en mnr. Patrick...

Weer vir 11 Maart 2019

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die Noorde, Noordooste, Ooste en sentrale hoogland met geïsoleerde donderbuie op plekke. Elders sal dit...

Ou beursbeleid finansier 'enige' student

13 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - “As jy van die begin af nie gehad het wat nodig is nie, gaan jy dit ook nie aan die einde...

Stem nou vir jou gunstelingpaartjie!

13 ure gelede | Gebeure

D'Arlin en Leigh-Ann Benade is een van die top-30-paartjies in Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie. Een gelukkige leser, wat aan ons SMS-kompetisie deelneem, kan...

Namibiër ’n top-uitvinder

13 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ‘n Namibiër is een van 30 finaliste uit 2 400 inskrywings in die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se eerste uitdaging vir vernuwing op die...