Somalië: Een kandidaat moet aan presidentswedloop onttrek
Somalië se nuutverkose wetgewers het 'n nuwe aanwysing in die parlement gemaak in 'n verkiesing wat minstens een persoon as presidentskandidaat pootjie.
Die herverkiesing van die voormalige Somaliese speaker Mohamed Osman Jawari het Woensdag by die swaarbewapende polisie-akademie in die hoofstad, Mogadisjoe, plaasgevind.
Hy het 141 stemme van die 259 parlementslede op hom verenig, genoeg vir 'n eerste-ronde-oorwinning, sê die voorsitter van die sessie, Osman Elmi Boqore.
Vrese dat Somalië se terreurgroep, Al-Sjabaab, die verkiesing kon teiken, het daartoe gelei dat die verkiesing agter geslote deure plaasgevind het en baie paaie in en om die stad vir burgerlike voertuie gesluit was.
Stamme speel 'n belangrike rol in Somalië se politiek, met invloedryke rolle soos dié van die speaker, die eerste minister en die president wat tussen die hoofstamme verdeel word.
Die verkiesing van die 71-jarige Jawari, 'n lid van die Digil- en Mirifle-stam, beteken dat sy medestamgenoot, die president van Somalië se federale suidwestelike staat, Sharif Hassan Sheikh Adan, nou verplig is om aan die wedloop om die presidentskap te onttrek.
Die oorblywende voorlopers in die wedloop vir die toppos behoort onderskeidelik aan twee ander hoofstamme, die Hawiye en die Darod.
Die huidige president, Hassan Sheikh Mohamud, 'n 61-jarige voormalige akademikus en burgerregteaktivis, staan vir herverkiesing.
Die leidende Darod-kandidaat is die huidige eerste minister, Omar Abdirashid Ali Shamarke (56).
Somalië het sedert 1991, toe die militêre bewind van pres. Siad Barre omvergewerp is, nie 'n doeltreffende regering gehad nie. Dit het dekades van anargie en gewapende konflik meegebring in 'n land wat reeds volgens etniese lyne verdeel is.
Etniese mededinging en wetteloosheid was vrugbare teelaarde vir Al-Sjabaab, met sy bande aan Al-Kaïda, om groot gebiede te beset en pogings te ontwrig om 'n sentrale administrasie op die been te bring.
– Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie