Solidariteit wil hof toe oor Denel en salarisse
Hanlie Stadler - Solidariteit sê hy is “ontstoke” dat Denel-werknemers vir die tweede maand in ’n ry nie op betaaldag hul salaris gaan ontvang nie.
Die vakbond sê hy voel nou gedwonge om regstappe teen die staatsonderneming in te stel.
“Dit is totaal onaanvaarbaar as salarisse nie betyds betaal word nie en ons veroordeel dit. Dit hou enorme en verreikende gevolge in en Solidariteit is gereed om Denel die stryd aan te sê,” sê Helgard Cronjé, Solidariteit se koördineerder vir die verdedigings- en lugvaartsektor.
“Die gedagte dat Denel nie die betaling van die Julie-salarisse kan waarborg nie is, om die minste te sê, totaal onaanvaarbaar.”
Danie du Toit, uitvoerende hoof van Denel, het Maandag in ’n brief aan werknemers gesê onderhandelinge met banke duur voort, maar hy kan nie waarborg dat hulle op 25 Julie betaal gaan word nie.
In Junie het hulle – sonder enige waarskuwing – op betaaldag slegs 85% van hul salaris ontvang, maar die res darem vier dae later.
Dié keer sê Du Toit die probleme kan voortduur tot in September, wanneer ’n verwagte reddingspakket van die regering uitbetaal gaan word. Dit gaan na verwagting R2,8 miljard beloop.
Cronjé se egter herkapitalisering alleen sal nie Denel se finansiële krisis oplos nie. “Dit is hoogstens ? korttermynoplossing.”
Oor die waarskuwing sê hy: “Bestuur se kommunikasie met werknemers is deursigtiger en die vakbonde waardeer die bestuur se pogings, maar die werklikhede wat ons lede in die gesig staar, bly steeds staan en as ’n vakbond moet ons doen wat ons te doen staan om ons lede se regte te beskerm.”
Denel se salarisrekening is nagenoeg R150 miljoen per maand. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie