Soldate se vee moet ook skoert

Boere in Omatjete gee boedel oor

23 July 2019 | Ministeries
Ronelle Rademeyer - Dit is nie net boere wat uit desperaatheid hul vee op weermagplase laat wei nie.

Lede van die weermag (NDF) is net so skuldig en is beveel om met hul vee te skoert.

Lt.kol. Petrus Shilumbu, weermagwoordvoerder, het gister die egtheid van ’n brief bevestig wat op 11 Julie deur die waarnemende hoof van die weermag, adjunk-lugmaarskalk Martin Pinehas, aan weermaglede gerig is wie se beeste by basisse of op weermagplase wei.

Dit is op dieselfde dag uitgereik as toe die nagenoeg 60 boere van die Otjohorongo-Omatjete-gebied met lede van die NDF naby Karibib gebots het, aangesien hul beeste glo onregmatig op die weermag se plaas Etiro wei.

Pinehas sê in sy brief aan NDF-lede die weermaghoofkantoor het ’n verslag oor hoeveel weermaglede hulle aan dieselfde oortreding skuldig maak.

Hy sê “individuele lede van die mag is net as spesiale vergunning toegelaat om hul vee op weermaggrond te laat wei” terwyl hulle reëlings tref vir die vervoer daarvan na alternatiewe weidingsgebiede.

Volgens Pinehas het die situasie ondraaglik geword en beveel hy die diere moet teen 30 Augustus verwyder word.

In dieselfde asem het pres. Hage Geingob gister tydens sy stadsaalvergadering op Omuthiya in die Oshikotostreek opnuut benadruk geen vee mag op NDF-plase wei nie, aangesien gesofistikeerde en tegniese militêre opleiding daar geskied.

Die president het benadruk die droogte en voorvaderlike grondeise kan nie as ’n verskoning vir sulke betredings gebruik word nie.

Intussen het mnr. Mike Tjirere, ’n woordvoerder van die kommunale boere in die Omatjete-Otjohorongo-gebied, gister by navraag verduidelik waarom hulle nie Vrydag vir ’n vergadering met Geingob op Swakopmund opgedaag het nie.

“Ons het nie met opset weggebly van die gesprek met die president en hom nie eerbiedig nie. Hoegenaamd nie. Logistieke en kommunikasieprobleme het meegebring dat die boere nie daar kon wees nie.”

Hy sê omdat die boere uitmekaar gespat het nadat hulle aangesê is om die weidingsgebied by die Etiro te verlaat, kon hulle nie op kort kennisgewing opgespoor word nie.

“Toe die goewerneur (van die Erongostreek, mnr. Cleophas Mutjavikua) Donderdag laat weet het ons kan met Geingob vergader, het ons (die gemeenskapsleiers) gesukkel om hulle in die hande te kry.

“Ons het geweet die president besoek Swakopmund, maar ons het nie geweet daar gaan ’n geleentheid wees vir die boere om met hom te vergader nie,” sê Tjirere en voeg by baie van die boere se enigste vervoer is donkiekarre, of hulle bevind hulle in gebiede waar hulle nie selfoonopvangs het nie.

Hy sê baie van die nagenoeg 60 boere wat sowat twee weke gelede aangesê is om met hulle sowat 1 400 beeste weg te trek van Etiro af het na hul kommunale plase by Omatjete teruggekeer.

“Waarheen anders moet hulle gaan? Hulle sal nou maar daar gaan wag dat hulle diere vrek,” sê Tjirere.

Net ’n klein groepie boere wei nog met hul vee langs die Karibib-Omaruru-pad in die padreserwe op pad na Wilhelmstal of op munisipale grond by Omaruru, sê hy.

Die dagblad New Era berig Geingob het Vrydag toe hy ingelig is die boere gaan nie die ontmoeting op Swakopmund bywoon nie, gesê dit is oneerbiedig om vir ’n vergadering te vra en dan nie op te daag nie.

Spanning oor die onregmatige beweiding van Etiro het op 11 Julie tot ’n geweldadige uitbarsting tussen NDF-lede en die boere gelei. Veertien aanrandingsake is by die polisie op Karibib aanhangig gemaak nadat lede van die weermag na bewering hardhandig teenoor die betreders geraak het.

Shilumbu het die aanrandings vroeër in ‘n verklaring ontken.

Tjirere het egter aan Republikein bevestig 14 mense het aanrandingsklagte by die polisie ingedien.

Soortgelyk

 

Chasing your dream

12 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

12 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

12 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

12 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

12 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

12 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

12 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

12 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...