Sokker: NPL se Doeseb bedank
Sokker
Die Namibië Premierliga (NPL) het pas in ’n bondige nuusverklaring die bedanking van sy voorsitter, Johnny Johnson Doeseb, met onmiddellike effek op Woensdag 22 Februarie aangekondig.
Doeseb se bedanking noodsaak ’n vergadering deur die NPL se bestuurskomitee asook van die beheerraad, het die NPL se woordvoerder Cassius Moetie in die verklaring gesê.
In sokkergeledere en veral in sekere kringe van die sokkerpubliek is Doeseb erg verkwalik dat geen borgskap nog vasgeknoop kon word sodat die nuwe NPL-seisoen aan die gang kan kom nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie