Sokker nie vir regte mans, sê tennislegende
Die Australiese tennislegende Pat Cash kry die wind van voor nadat hy op Twitter verklaar het sokker is nie 'n sport vir regte mans nie.
Cash het sy volgelinge aangeraai om die Wêreldbekersokkertoernooi mis te loop ten gunste van Australiese voetbal (AFL) – 'n “sport vir regte mans”.
Die voormalige Wimbledon-kampioen het kritiek gelok toe hy 'n hoogtepuntpakket van die AFL-held Shaun (Silk) Burgoyne deel en aanvoer dié land se gewildste sport is taaier as sokker.
“Wêreldbekertoernooi om die draai, hier is 'n paar hoogtepunte van een van die bestes in 'n regte man se sport, AFL,” sê Cash.
“Hulle noem hom nie verniet Silk nie. (Niks rondgerollery op die grond in 'n poging om 'n strafskop te wen deur hierdie man nie).”
Sokkerondersteuners was ontstoke oor Cash se uitlatings.
“As iemand wat die nasie se ondersteuning geniet het toe jy Wimbledon gewen het, dink ek dit is beledigend dat jy sokker sou spot en boonop ons Socceroos,” sê Ray Gatt, hoofsokkerskrywer vir die Australian-koerant met verwysing na die land se nasionale sokkerspan. “Moet jy nie eerder, as 'n trotse Australiër, eintlik ons nasionale sokkerspan ondersteun nie?”
Talle ander het ook hulle misnoeë met Cash uitgespreek.
“Groot aanhanger van jou Pat, maar dit was onvanpas,” sê Jason Dasey. “AFL is 'n goeie skouspel vir 'n deel van ons land, maar dit is irrelevant op die wêreldverhoog en kan nie vergelyk word met die Wêreldbekersokkertoernooi nie – ondersteun die Socceroos net soos ons jou altyd ondersteun het.”
Tom Duffy sê: “'n 'Regte man se sport' soos tennis? Snaaks, want geskiedkundig word tennis beskou as die sport wat kinders speel wanneer hulle nie kontaksport kan hanteer nie. Maar enigiets om relevant te bly, nè Pat Cash.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie