Sokker lok besoekers na toernooi op Kalkrand
Kalkrand gaan 'n miernes van aktiwiteit wees wanneer die eerste ooit Heroes Lightning-bekertoernooi op 26 en 27 Augustus daar plaasvind.
Die tweedaagse sokkertoernooi word deur die QwaQwa-sokkerklub aangebied en word met N$30 000 deur die sakeman en boer Ivan !Gaoseb en sy maatskappy, Imo Trading Enterprises, geborg.
!Gaoseb het gesê die toernooi is daarop gemik om sokker te bevorder en die plaaslike ekonomie 'n hupstoot te gee.
“Daarmee saam wil ons klein ondernemings die kans gee om oor daardie naweek 'n bietjie wins te maak. Ons hoop ook dit sal die ontwikkeling van sport in die dorp en omliggende gebied bevorder.”
!Gaoseb het die hoop uitgespreek dat die toernooi wat tot die eer van alle Namibiese helde aangebied word, van krag tot krag sal gaan.
“Ons moet in sport belê sodat ons jong mense gefokus bly en dat ons hulle kan help om die topvlakke van sport in Namibië en oorsee te bereik. Ondernemings ondersteun gewoonlik net groter dorpe, maar dit is hoog tyd dat ons kleiner dorpe ook sulke voorregte geniet,” het hy gesê.
Die wenners gaan huis toe met N$15 000, 18 goue medaljes en 'n wisseltrofee, terwyl die naaswenners N$9 000 en 18 silwermedaljes ontvang. Alle premierliga asook eerste, tweede en nie-ligaspanne mag deelneem en deelname beloop N$1 800 per span. Die sperdatum vir inskrywings is 25 Augustus. –Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie