Soetkoekies vir Valentynsdag

17 January 2020 | Kuns en vermaak
Yolanda Nel

“Ek moes al baie in my lewe weer van vooraf begin, om saam met my man weer nuwe idees te moet uitdink om te kan oorleef. En ook nou, met die voortslepende droogte, sien ons dit as ’n uitdaging eerder as ’n negatiewe ervaring.”

Só vertel Kobie Wasserfall, ’n boervrou in die Khomas Hochland.

”Sedert November verlede jaar het daar maar net 28 mm reën op ons plaas geval,” sê sy. En met die vee wat vrek, moet sy help om alternatiewe inkomste te vind. “Maar ek glo die Here sal vir ons deure oopmaak as ons in geloof aan Hom vasklou en hierdie was net weer eens ’n geleentheid wat Hy vir my gegee het om op te staan en nie te gaan lê nie.”

Kobie bak nou koekies spesiaal vir Valentynsdag. “Ek is absoluut fanaties oor liefde en glo dat dit die mooiste emosie is,” sê sy opgewonde.

Dit is juis hoekom sy so uitsien om te begin bak. “Dis ’n heerlike onderwerp om kreatief te kan wees terwyl ons ook ’n inkomste kan genereer. Ek hou daarvan om mense te bederf en iets spesiaals vir hulle te doen. Om elke koekie spesiaal een vir een te versier en mooi en lekker te laat lyk, is vir my ’n vorm van ‘terug gee’ aan ander in liefde.”

Volgens Kobie wil elke mens tog spesiaal voel en voel jy “hoort”. Dus glo sy elkeen wat ’n boksie koekies op Valentynsdag ontvang, baie spesiaal en geliefd gaan voel. Sy maak drie verskillende grote boksies met Valentynskoekies – klein, medium en groot – sowel as twee stokkielekkerkoekies om met ’n spesiale persoon te deel. Die boksie bevat verskillende soorte koekies naamlik sjokolade, vanielje en gemmer.

Sy vertel met die droogte moes elke boervrou maar inspring en haar kant bring om ’n ekstra inkomste te kan verdien. “Skielik was daar ekstra uitgawes, soos voer vir die beeste en bokke wat nie vroeër aangekoop moes word nie. Brandstofpryse wat hoegenaamd nie tred hou met die boer se inkomste nie, rantsoene vir jou werkers wat by die dag duurder word. Ons uitgawes was in ’n oogwink soveel meer, maar die inkomste het al minder geword. Beespryse het geval en ons moes letterlik beesvleis weggee teen baie lae pryse. Die middelman en winkels is die enigstes wat baat by hierdie droogte, want vleispryse is nog steeds hoog as jy vleis gaan koop, maar die boer kry nie eens 50% daarvan nie.”

Kobie gee ook terug aan ander wat deur die droogte geraak word en 10% van haar koekieverkope sal aan iemand in nood geskenk word.

Indien jy wil koekies vir Valentynsdag koop, kontak vir Kobie by 081 232 9512 of 062 572217.

Soortgelyk

 

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

7 ure gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

19 ure gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

19 ure gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

19 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

19 ure gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

19 ure gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...

Vier 'renosterstropers' verskyn in camera

19 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Vier van die agt verdagtes wat vandeesweek in verband met renosterstropery en -horingsmokkelary vasgetrek is, het gister in camera in die streekshof...

San gebruik spaargeld vir wateraanleg

19 ure gelede | Omgewing

Die San-gemeenskap in die N‡a Jaqna-bewaringsgebied se water­infrastruktuur is al vir jare 'n uitdaging. Water is 'n skaarste in Namibië en inwoners van dié bewarings­gebied...