SOE’s kort ‘kultuur van prestasie’

Minister op soek na oplossings

18 September 2019 | Ministeries
Adolf Kaure - ’n Twee dae lange konferensie oor staatsondernemings (SOE’s) is verlede week op Swakopmund gehou.

Dié byeenkoms het Vrydag by die Dome ten einde geloop.

Belanghebbendes van Namibië, Suid-Afrika, Kenia, Rwanda en Swede het dit bygewoon.

Die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, het by die opening van die geleentheid gesê staatsondernemings voldoen nie altyd aan hul eie beleide nie.

“In sekere gevalle het hulle ’n las vir die staat geword in plaas daarvan dat hulle die regering se vermoë ondersteun om inkomste te lewer,” het hy gesê.

“Vir 2018-’19 het staatsondernemings in totaal ’n begroting van N$4,024 miljard ontvang. Nog meer kommerwekkend is die feit dat kommersiële staatsondernemings wat wins moet maak, N$1,41 miljard ontvang het,” het Jooste gesê.

Volgens die minister beoog sy ministerie dat staatsondernemings ’n kultuur van prestasie kweek.

Me. Gerlinde Sauer, raadslid vir ontwikkelingsamewerking by die Duitse ambassade, het bevestig Duitsland steun Jooste se pogings om staatsondernemings reg te ruk.

“Ons het die Duitse ontwikkelingsagentskap Giz opdrag gegee om die ministerie van staatsondernemings met die ontwikkeling van bestuurstoerusting te ondersteun om aan sy mandaat te voldoen,” het sy gesê.

“Met ons ondersteuning van N$32 miljoen oor drie jaar sal ons tot die ontwikkeling van ’n doeltreffende prestasiebestuurstelsel vir kommersiële staatsondernemings bydra,” het sy gesê.

“Ons fokus sal spesifiek op die ontwikkeling van digitale inligtingstelsels wees wat prestasie in kommersiële staatsondernemings meet.”

Jooste het Vrydag gesê die aanstelling van rade is deurslaggewend in enige staatsonderneming se sukses.

“As ons een ding reg kan kry, moet dit wees om die regte raadslede aan te stel. Dit sou letterlik die meeste van ons probleme oplos,” het hy gesê.

Suid-Afrika se minister van openbare ondernemings, mnr. Pravin Gordhan, het die konferensie ook bygewoon.

Hy het gesê daar is baie lesse wat Namibië en Suid-Afrika by mekaar kan leer, aangesien hul uitdagings soortgelyk is.

“Hierdie konferensie het ons die geleentheid gegun om ons uitdagings te begryp, maar ook om die grondslag vir die uitruil van kennis, ervaring en samewerking te lê,” het hy gesê.

“Omdat die kwessies soortgelyk is, dink ek ons sal in die toekoms baie meer interaksie en samewerking hê,” het Gordhan gesê.

[email protected]

Soortgelyk

 

B-dag: Maak of breek

8 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Dolleë staatskoffers eerder as hemelhoë besteding is waarskynlik finansminister Iipumbu Shiimi se grootste uitdaging wanneer hy vanmiddag Namibië se moeilikste begroting sedert...

Stigma jeens lorriedrywers kwel

8 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer en Francoise Steynberg – Lorriedrywers wat Namibië van noodsaaklike lewensmiddele voorsien en seker maak produkte bly op winkelrakke, bevind hulle terselfdertyd aan die...

‘Hongerpandemie’ lê vir wêreld op loer

8 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle RademeyerDie wêreld se ekonome en beleidmakers twyfel nie meer daaraan dat die wêreldekonomie weens die Covid-19-krisis in ’n resessie gedompel gaan word nie. Trouens,...

Weer vir 27 Mei 2020

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Polisie lê beslag op sestig bokse vol drank

8 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die Namibiese polisie het Maandag knap ná middernag in Pionierspark op 60 bokse drank beslag gelê.Drie verdagtes is in hegtenis geneem, het...

Chaos toe jonges op vulstasie afpyl

8 ure gelede | Ongelukke

Drie jong mans wie se name in dié stadium onbekend is, het op 23 Mei om 01:00 'n ongeluk by die Total-vulstasie in Outjo veroorsaak...

Stappe by Covid-drywer se stoppe

8 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw en Denver Kisting – 'n Handelsbank op Walvisbaai wat 'n Covid-19-geval onlangs besoek het, sê hulle het die personeel van daardie dag vervang...

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

8 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Medelye stroom in vir man wat aan Covid-19 sterf

8 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer – Medelye stroom glo in vir die familie van die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, ­Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is.Die minister...