Soektog na renosterkalf eindig tragies

08 June 2021 | Misdaad
Tanja Bause – Die renosterkalf wat sedert die dood van haar ma, Zanna, op 16 Mei soek was, is Vrydag dood in die bosse gevind.

Volgens mnr. Martin Rust van die Ghaub Nature Reserve & Farm het die kalf ’n koeëlwond aan haar agterbeen gehad.

“Sy moes stadig doodgegaan het.”

Stropers het haar ma doodgeskiet en haar horings gestroop.

“Ons het onmiddellik nadat ons vir Zanna gevind het na die kalf begin soek. Terwyl ons na haar gesoek het, het ons die karkas van nóg 'n renosterkoei Grosse Kuh gevind. Sy is in die maag geskiet en het sowat 5 kilometer verder pynlik gevrek. Ons het haar kalf gevind en hy is nou saam met sy ouer broer en pas goed aan.”

Die soektog na Zanna se kalf was sonder ophou en daar is van helikopters en hommeltuie gebruik gemaak om die soektog op te skerp.

“Ons wil almal bedank wat gehelp het en is hartseer dat die kalf dood is. Ons het ook ’n jong bul gevind wat gekwes is. Die wond is ontsteek, maar die veearts wil nie nou die bul verdoof en opereer nie, omdat dit te gevaarlik is en die ander renosters weer kan ontstel.”

’n Beloning van N$50 000 is uitgeloof vir enige leidrade wat tot die inhegtenisneming en suksesvolle skuldigbevinding van die stropers sal lei.
[email protected]

Soortgelyk

 

27 sterftes, 1 403 nuwe gevalle

34 minute gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met 27 - tien in Windhoek, drie elk in onderskeidelik Oshakati en Onandjokwe, twee elk in onderskeidelik Okahandja, Tsumeb en Rehoboth en...

27 sterftes, 1 649 nuwe gevalle

23 ure gelede | Gesondheid

Die sterftesyfer skiet met nog 27 - nege in Rehoboth, agt in Windhoek, drie in Keetmanshoop, twee in Walvisbaai en een elk in onderskeidelik Karasburg,...

Mental well-being suits us all

2 dae gelede | Mense

DR JOHN STEYTLERMental health is a subject which we are only starting to scratch the surface of in Namibia and it is not talked about...

Diva of finesse and fitness

2 dae gelede | Mense

Jeanette DiergaardtLiezel Ndjaronguru, a 32-year-old businesswoman, allows fitness enthusiasts to bring their best attitude to the table when working out. In 2013 the owner of...

Bonifatius Kantori Paulino is the Managing Director at Alexander...

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Since Paulino joined Alexander Forbes, he spent some time to familiarise himself with the areas of responsibility of the position of...

Streng vereistes vir gebruik van blitstoetse

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) het opgedateerde regulasievereistes vir die verkoop, verspreiding en gebruik van antigen-blitstoetse vrygestel.Die NMRC sê antigeen diagnostiese blitstoetse (Ag-RDT’s)...

Sterftes neem sesvoudig toe

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Covid-sterftes vir Namibië het bykans sesvoudig die afgelope ses maande toegeneem – vanaf 16 sterftes per week in Desember verlede jaar...

'Woestynpsalm' nou in pylvak

2 dae gelede | Byvoegsels

Bosman Films, 'n jong produksiemaatskappy in die Namibiese filmbedryf, het opgewonde aangekondig dat produksie vir hulle eerste film, Woestynpsalm, onlangs afgehandel is. Woestynpsalm is 'n...

High-flyer Samantha Geyser soared to customer service executive at...

2 dae gelede | Mense

Staff reporterSamantha Geyser dreamed of becoming a pilot when she was a young girl. She admired Amelia Earhart for her achievement of being the first...