'Soektog na olie strydig met VN-doelwitte'

Drukgroepe hou protesoptog
07 December 2020 | Omgewing
Steffi Balzar en Ronelle Rademeyer
As Reconnaissance Energy Namibia (ReconAfrica) se soeke na olie en gas in die Kavango-kom voortgaan, oortree Namibië minstens drie van die Verenigde Nasies (VN) se Doelwitte vir Volhoubare Ontwikkeling (SDG's).
Volgens me. Veruschka Dumeni, omgewingsaktivis van Fridays for Future Windhoek (FFFWhk) wat Vrydag saam met Frank Free Namibia (FFN) teen dié Kanadese maatskappy se voorgenome prospektering betoog het, is dit strydig met die VN-doelwitte vir volhoubare energie, 'n volhoubare samelewing en klimaatsbeskerming.
Verder, sê sy, het Namibië, Botswana én Kanada die Parys-ooreenkoms onderteken en hulle daartoe verbind om die klimaat te beskerm deur onder meer van die gebruik van fossielbrandstowwe weg te stuur.
“Namibië ontvang geld van die VN se Groenklimaatsfonds om die gevolge van klimaatsverandering teen te werk,” het Dumeni verder gesê.
Dié drukgroepe het Vrydag 'n klagskrif met besware teen ReconAfrica se planne aan 'n verteenwoordiger van die VN by dié wêreldliggaam se kantoor in Klein-Windhoek oorhandig.
Die Kavango-kom vorm deel van die Okavango Delta, wat die grootste Ramsar-gebied ter wêreld is.
Dit beteken dit is 'n vleilandgebied wat volgens die Ramsar-konvensie van internasionale belang is en deur 'n interregeringsomgewingsverdrag bewaar moet word.
ReconAfrica het by verskeie voorleggings aan beleggers in die buiteland gesê sy opnames toon die prospekteringsgebied in die noordooste van Namibië en die aangrensende noordwestelike gebied van Botswana, beskik oor nagenoeg 120 miljard vate olie.
Die maatskappy het ook aan beleggers gesê moderne hidrobrekingstegnieke sal gebruik word om die oliebron te ontgin.
Dokumentasie hieroor is later te midde van luide besware deur omgewingsgroepe van die maatskappy se webtuiste verwyder.
Dr. Chris Brown, hoof van die Namibië Kamer vir die Omgewing (NCE), sê inligting dui daarop die boorinstallasie behoort binne die volgende paar dae per skip by Walvisbaai aan te kom, waarna dit per pad na Kavango-Oos vervoer sal word.
Die NCE meen daar is ernstige gebreke in die omgewingsimpakstudie (EIA), terwyl die spesialisstudies en die omgewingsbestuursplan nie aan die publiek bekend gemaak is nie.
Die nuusagentskap AFP het Vrydag berig mnr. Pohamba Shifeta, minister van die omgewing, bosbou en toerisme, het die voorgenome boorplanne verdedig en gesê dit is beperk tot 'n sekere gebied en sal noukeurig gemonitor word.
"As hulle (ReconAfrica) van die plan afwyk, kan die boorwerk gestop word," het hy gesê.
Hy het ook daarop gewys “gegriefdes” kan appèl aanteken teen die regering se besluit om die prospektering toe te laat.
Sy eweknie in die ministerie van landbou, water en grondhervorming, mnr. Calle Schlettwein, het gesê prospekteringsmetodes moet “versigtig en deeglike geëvalueer word” om 'n impak op ondergrondse waterbronne te voorkom.
ReconAfrica se uitvoerende hoof, mnr. Scott Evans, en ander senior bestuurslede is tans in Namibië.
Hulle het verlede week deur hul Namibiese regsverteenwoordiger 'n onderhoud met Republikein versoek, en sal later die week met die koerant ontmoet.– [email protected]

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
5 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
20 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
20 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
20 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
20 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
20 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
20 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
20 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
20 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies