'So waar as vet'

15 March 2019 | Menings
ANONIEM SKRYF:

Ek is nou so vies, nadat ek die nuus geluister het. Ek is op pad kerk toe, maar soveel leuens het ek nog nooit so vroegoggend gehoor nie.

Ons bid vir die regering, maar wraggies, hulle lieg en bedrieg net vir die inwoners van Namibië. Die dame wat praat van hospitale, skole en watter nonsens nog alles wat hulle in die 26 jaar opgerig het.

Hulle sit in lugverkoelde kantore, weet “sweet nothing” wat op die grond aangaan nie.

Dis hoogtyd, dat die hele spul afgedank word. Julle tyd is om, julle is te oud. Gee jonger mense kans om oor te neem.

O magtie! Die skole is in chaos. Katrina en kie, skaam julle julle nie?

Waar moet die toekomstige leiers vandaan kom? Ek staan volledig agter Bernardus Swartbooi, Venaani en Job Amupanda.

Mense, stem vir dié mense. As hulle nonsens aanjaag, stem ons oor 5 jaar vir ander wat hulle kan bewys.

Ek het altyd vir Swapo gestem, maar so waar as vet, ek gee enigeen ’n kans om my ’n deftige loesing te gee.

Vir Swapo weer stem? So nooit as te nimmer. Hulle het Namibië in die afgrond bestuur.

Nooit maar nooit stem ek weer Swapo nie. Julle moet gaan registreer, want ’n wegblystem is ’n stem vir Swapo.

Asseblief mense, luister na ons noodkreet. Dis baie, baie belangrik.

’n Stem van êrens wat baie ontevrede is met die toestand van Namibië en die regstelsel.

Soortgelyk

 

Uis-aanvaller Charles Namiseb kry 63 jaar

6 ure gelede | Howe

Die eens voortvlugtende Charles Namiseb, wat saam met ‘n makker tereg gestaan het vir die gewelddadige gewapende rooftog op ’n bejaarde egpaar van Uis op...

Padgebruik al duurder

12 ure gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Padgebruik al duurder

12 ure gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Gesondheid: Advertensie vals

13 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n inligting wat op sosiale media sirkuleer oor opleidingsgeleenthede by die ministerie is vals. Die vals...

'n Seder val in Swapo

23 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

23 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

23 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

23 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...