So tuis by Hillside soos woorde in 'n woordeboek

27 July 2018 | Toerisme
Of jy 'n sakeman of -vrou, 'n toeris of 'n plattelander is wat vir skolesport, 'n doktersbesoek of inkopies Windhoek toe kom, Hillside Executive Accommodation is die plek vir jou.

Dié groep se selfsorgeenhede op drie plekke in die ooste van Windhoek is smaakvol ingerig en veilig. En as hotelle meer jou ding is, bied die groep se pragtige boektiekhotel, [email protected], gerief uit die boonste rakke.

Die ­selfsorgeenhede bestaande uit studio-, eenslaapkamer- en t­weeslaapkamerwoonstelle, is geleë by [email protected] Mandela, Hill­[email protected] en Hill­[email protected] Mall.

Eersgenoemde kompleks, by nr. 93 in Nelson Mandelarylaan, is die grootste in die groep en bied 33 eenhede. Ry jy suidwaarts in Nelson Mandelarylaan, vind jy [email protected] se tien eenhede langs FNB Namibia se Klein-Windhoek-tak. En [email protected] Mall, bestaande uit vier eenhede, is natuurlik by dié inkoopsentrum.

Die boetiekhotel is deel van die luukse Tenbergen-ontwikkeling in Robert Mugaberylaan en beskik oor 18 kamers. Dit is ook hier waar jy Hillside se goed toegeruste konferensiesentrum sal vind.

Elma Truter, die groep se hoof­bestuurder, vertel Hillside het in 2010 sy beslag gekry. Dit was toe die eie­naars, Victor Liebenberg en Con Brand van Convic Investments, 'n ou woonstelkompleks in Nelson Mandelarylaan gekoop en opgeknap het. “In daardie stadium was self­sorgverblyf in Windhoek nog ­­betreklik skaars en hulle het die ou kompleks in 33 selfsorgeenhede omskep.” Hier het gaste gratis Wi-Fi, veilige onderdakparkering, braaigeriewe, DStv, lugverkoeling en die gebruik van 'n wassery. Die ­pragtige tuin skep 'n rustige atmosfeer en gewilde eetplekke soos Joe's Beerhouse is 'n klipgooi ver. Indien gaste nie oor hul eie vervoer beskik nie, is daar 'n ­geriefsbussie wat hulle kan stad toe neem.

Volgens Elma beplan Hillside om hierdie vlagskip van hom nog verder uit te brei. “Ons wil 'n ou huis wat langs dit geleë is, in 'n restaurant omskep waar ons gaste ontbyt kan eet.” 'n Swembad en kuierarea word ook beplan.

Dit is hier by [email protected] Nelson Mandela waar die ­buitelandse kuns­tenaars wat aan vanjaar se Windhoek Woordfees deelneem, ­volgende week sal tuisgaan.

Elma sê Hillside is trots om hom as verblyfborg met die Woordfees te verbind.

“Ons as personeel praat buiten Engels sewe ander tale, maar Afrikaans is die taal waarin ons ­onderling kommunikeer. En seker omtrent 60 persent van ons gaste praat ook Afrikaans.”

[email protected] is vanweë die sentrale ligging en die goedtoegeruste konferensiesentrum, die ideale opsie vir sakelui.

Aldina Correia, konferensiebestuurder, sê die sentrum bestaan uit drie lokale wat ideaal is wanneer die ­ aanbieders wegbreeksessies beplan.

Die hoëtegnologie bied ­koordlose internetverbinding en versonke skerms en projeksietoestelle wat met die druk van 'n knoppie uit die dak sak.



KONTAKBESONDERHEDE

Nelson Mandelarylaan 93, Klein Windhoek.

Tel: +264 (61) 248 300 /Faks: +264 (61) 248 301

Na-ure: +264 (81) 748 2558

E-pos: [email protected]

Web: www.hillsidewindhoek.com

Soortgelyk

 

Regering staan bakhand vir 2% van Namibiërs se jáárlikse...

2 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die verwarring oor of die regering Namibiërs vra om 2% van een maand of een jaar se basiese salaris te skenk, is...

Making employees feel at home at Plastic Packaging

14 ure gelede | Mense

JONELL MALAN Human resource management is a function in organisations designed to maximise employee performance in the service of an employer’s strategic objectives. One empowers...

Duisende registreer vir e-taks

14 ure gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Altesaam 192 225 belastingopgawes is teen Dinsdag via die ministerie van finansies se nuwe aanlyn belastingdiens, die geïntegreerde belastingadministrasiestelsel (Itas), ontvang.Mnr. Tonateni...

Apollo 11-euforie só onthou

14 ure gelede | Tegnologie

Ronelle Rademeyer - Namibië se eie ruimteman, dr. Japie van Zyl, sê ’n getekende foto van die drie Apollo 11-ruimtevaarders, Neil Armstrong, Buzz Aldrin en...

Kalender 12 Julie

14 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Bottomless Coffee Band is ’n instrumentele, alternatiewe duo wat bestaan uit die getroude paartjie Lourens en Esté Rabé van Kaapstad, Suid-Afrika....

Weer vir 19 Julie 2019

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm.GETYE BY WALVISBAAI: H 04:47 L 10:41...

Nuwe begin vir vier wildehonde

14 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Ná die tragiese skietvoorval in Februarie waarin drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die...

Just a click away

14 ure gelede | Gesondheid

Michelline Nawatises Organic Box is an online grocery shop specialising in selling organic vegetables, meat and dairy products, farm produce, and speciality homemade products.It was...

Rundu surveys new extensions

14 ure gelede | Plaaslik

The Rundu town council plans to survey two new extensions in the Tuhingireni informal settlement for N$ 1 million, according to the head of town...