So keer leerlinge terug skool toe
So keer leerlinge terug skool toe

So keer leerlinge terug skool toe

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die terugkeer van graad 0- tot 3-leerlinge in fase twee vir aangesig tot aangesig onderrig is met twee weke tot 6 Julie uitgestel.

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê by monde van die minister, me. Ester Anna Nghipondoka, dit geld ook vir leerlinge in spesiale skole. In fase drie keer graad 7 en 9-leerlinge terug na die skoolbanke en in fase 4 en laaste fase kom graad 4, 5, 6, 8 en 10 op 3 Augustus aan die beurt. Die skool sluit vir alle leerlinge op 18 Desember.

In die Erongostreek waar die inperking Maandagaand opgehef is, keer alle graad 11 en 12-leerlinge ook terug na skole. Dit sluit egter skole in Walvisbaai, Swakopmund en Arandis uit.

President Hage Geingob het intussen beklemtoon die terugkeer van leerlinge na skole is vrywillig en ouers mag besluit om hul kinders tuis te hou en verantwoordelikheid vir hul tuisonderrig te aanvaar. Ouers moet egter ten alle tye voortgaan om met die skool en onderwysers te skakel om te verseker dié leerlinge raak nie agter nie.

Werksboeke en opdragte vir evaluering moet aan onderwysers en die skool beskikbaar gestel word, terwyl ouers en voogde op hul beurt moet toesien dat onderrig voortgaan en voltooide opdragte ingehandig word.

Minister Nghipondoka het ’n beroep op ouers en voogde gedoen wat reeds graad 0- tot 3-leerlinge by hul onderskeie koshuise gaan aflaai het, om hulle so gou as moontlik weer te gaan haal.

Sy beklemtoon die veiligheid van leerlinge en personeel by skole bly van uiterste belang.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!