So hittete . . . maar Zuma oorleef weer!
Philda Essop - Pres. Jacob Zuma bly vir eers die president van Suid-Afrika.
Dit is nadat LP’s Dinsdagmiddag in die Nasionale Vergadering (NV) met 198 stemme teenoor 177 teen die mosie van wantroue in Zuma gestem het ondanks groeiende druk uit die burgerlike samelewing vir hom om as president te bedank. Nege LP's het buite stemming gebly.
'n Luide applous het in die ANC-banke losgebars nadat Baleka Mbete, speaker van die NV, die stemuitslag voorgelees het. Die stemming het in die geheim plaasgevind.
'n Feestelike atmosfeer het reeds voor die debat in die NV geheers. ANC-LP’s het aan die begin van die sitting al dansend die NV binnegekom en uit volle bors gesing “ons staan saam met Zuma” en “dit is tyd om te stem en ons gaan reg stem”.
Die ANC-LP’s is vroeër Dinsdagoggend by 'n koukusvergadering by die parlement die opdrag gegee om die ANC se besluit te volg en teen die mosie te stem.
Gwede Mantashe, ANC-hoofsekretaris, het ná die vergadering gesê: “Mense moet besef dit gaan nie net oor Zuma nie – dit gaan oor die ANC-regering. As hulle dit besef, sal hulle teen die mosie stem.”
Die ANC het Maandag ook in 'n verklaring sy “volle vertroue” in die ANC se parlementêre koukus en individuele ANC-LP’s uitgespreek en gesê hy het geen twyfel daaroor dat dié mosie soos die voriges sal misluk nie.
Minstens twee politieke kenners het Maandag gesê Mbete se besluit om 'n geheime stemming toe te laat toon Zuma se ondersteuners is duidelik sekerder van hul saak omdat hy homself nooit blatant aan so 'n risiko sou blootstel nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie