Snyman ploeg sy vernuf by die kus terug
Snyman ploeg sy vernuf by die kus terug

Snyman ploeg sy vernuf by die kus terug

Die uitgetrede kolfmeester se ondervinding is nou tot die jeug se beskikking.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Gerrie Snyman, veelsydige speler van Namibië en Wanderers, het in 2018 op 35-jarige ouderdom sy uittrede uit internasio­nale krieket aangekondig.

Snyman (nou 38) sal vir verskeie van sy warrelwindkolfbeurte onthou word. Gewis boaan die lys van sy mees verwoestende kolfbeurte was einde Januarie 2008 teen Kenia in Sharjah, Verenigde Arabiese Emirate.

Tydens dié eersterangse vierdagwedstryd van die Internasionale Krieketraad (ICC) in die Interkontinentale Bekerreeks het Snyman sy opponente behoorlik fisiek en sielkundig geknak.

Sy 230 lopies (22x4, 11x6) in Namibië se tweede kolfbeurt, was 'n ondenkbare 81.56 persent van sy span se 282 almal uit en het bykans vingeralleen verseker dat die botsing met 101 lopies gewen is.

Hoewel hy in die eerste kolfbeurt vir 24 lopies (40 balle) uitgehaal is, het sy flambojante blitzkrieg Namibië daardie dag van 'n vernederende loesing gered.

Namibië se eerste beurt het 'n beskeie 183 almal uit in 57 boulbeurte opgelewer. Die paaltjiewagter Tobie Verwey met 43* (43 balle), die 17-jarige Raymond van Schoor met 39 (114 balle), Snyman met 24 (40 b), Björn Kotzé met 23 (53 b) en kaptein Louis Burger met 19 (43 b) was hul span se voorste lopiemakers.

Kenia het in hul eerste kolfbeurt met 229 almal uit in 66 boulbeurte geantwoord en Namibië met 'n voorsprong van 46 lopies onder druk geplaas. Boonop het Namibië se tweede kolfbeurt ook nie goed begin nie.

Met beide aanvangskolwers terug in die kleedkamer vir net vyf lopies, het Snyman sy plek voor die paaltjies op nommer vier saam met wyle Raymond van Schoor ingeneem.

Namibië wat op 4/42 gesteier het, moes nog vier lopies aanteken om die agterstand van 46 in te haal. Genadiglik was Snyman gereed om die wedstryd op sy kop te keer.

Wat die res van die dag gebeur het, was niks minder as 'n wonderwerk nie. Snyman en Kotzé bou aan 'n 56-vennootskap om die vyfde paaltjie. Ná Kotze (7) en Verwey (1) se vertrek was Namibië op 105/6 met 'n voorsprong van net 59, toe Michael Durant instap om by Snyman aan te sluit.

Hoewel Durant net 13 (1x4) van 141 aflewerings kon aanteken, was sy ondersteunende rol van reusebelang om die Oos-Afrikane sinneloos te frustreer. Durant en Snyman se 133 lopies om die sewende paaltjie het die ganse verloop van die wedstryd verander.

In dié tydperk het Snyman links en regs manjifieke viere en sesse van sy breë wilgerlat laat vloei om die Keniaanse boulers radeloos te maak. Terwyl hy die opposisie gekasty het, het Durant met senuwees van staal teen die een aflewering ná die ander walgegooi.

Teen uitskeityd het Namibië, uitsluitlik danksy Snyman, met 241/8 gespog en met 'n voorsprong van 195 die Keniane laat sweet. Snyman op 194* was nog nie klaar met sy vernietigingswerk nie.

Die volgende oggend sit hy sy eenmanvertoning voort en behaal sy eerste dubbele honderdtal in die derde boulbeurt van die dag. Hy is uiteindelik die laaste Namibiese kolwer wat uitgehaal word en is onteenseglik as speler van die wedstryd aangewys.

Kenia wat 237 vir 'n oorwinning moes haal, komnie op stryk nie en word vir 135 lopies uitgeboul (Kola Burger 4/37) en Namibië seëvier teen al die verwagtinge in.



NEGENTIEN JAAR BO

Snyman het aan Republikein gesê al die eer kom hom nie toe nie.

“Ek het in Februarie 2018 my internasionale loopbaan met 'n eersterangse honderdtal afgesluit (101 van 77 balle teen KwaZulu-Natal Binneland in Pietermaritzburg). Dit was nogal lekker dat my laaste kolfbeurt vir Namibië op dié wyse kon eindig.

“Ek was baie bevoorreg om vanaf 2000 tot 2018 my land te kon verteenwoordig,” sê die kolfmeester wat sy loopbaan met 72 eersterangse wedstryde (kolfgemiddeld 37.18) afgesluit het.

Hy was ook 'n lid van die land se enigste span wat deurgedring het om 'n verskyning by 'n ICC wêreldtoernooi te maak (die 2003 eendag-Wêreldbeker in Suid-Afrika).

“Daar is werklik baie wedstryde wat uitstaan en dit is moeilik om net enkele hoogtepunte uit te sonder. 'n Speler wil mos altyd graag sy beste lewer. Daar is wel 'n paar wedstryde waar my lopies dalk nie hoog was nie, maar waar ek my land met 'n paar vinnige sesse en viere op die regte tyd kon deurhelp.

“Wat wel lekker was, is daardie dae waar eenvoudig niks vir ons verkeerd kon gaan nie en ons die wedstryd kon beheer en dikteer. Krieket is 'n spansport en wanneer ons as span gekliek het, was dit net ongelooflik. Dit is sulke dinge wat ek onthou en wat vir my belangrik is.

“Daardie dag in Sharjah het Mike Durant my gehelp om die lopies te slaan. As hy nie daar saam met my gebly het nie, sou ek dit nie kon regkry nie. Mike was soos die Great Wall of China, hy het die rook uit hulle geblok en ek kon die lopies inryg!

“Ná my uittrede uit internasionale krieket het ek na die kus verhuis en hier by krieket betrokke geraak. By die kus is 'n groot hongerte vir krieket en ek dink ek kan die spelers hier help.

“Krieket was my lewe en ek het baie om in die sport terug te ploeg. Veral die kinders is vir my belangrik. Ek dink met die regte leiding en afrigting kan ons krieket by die kus 'n goeie hupstoot gee,” vertel Snyman.



REKORDBOEKE

Namibië se 282 in Sharjah is steeds die laagste eersterangse spantotaal wat 'n dubbele honderdtal insluit.

Snyman se 230 is steeds die hoogste eersterangse kolftelling wat nóg deur 'n Namibiër aangeteken is.

Twee maande voor sy kragtoer in Sharjah het hy tydens 'n ICC Wêreld­krieketliga Afdeling 2-eendagkragmeting teen die Verenigde Arabiese Emirate in Windhoek 196 van 113 aflewerings gemoker. Sy 17 sesse teen die Emirate was destyds 'n A-lysrekord.

Net die Nederlander Ryan ten Doeschate (258*), David Hemp van Bermuda (247*) en Ierland se Ed Joyce (231) kon intussen hoër eersterangse aandagtellings as die Namibiër behaal.

Sy aptyt vir Kenia se boulwerk het hy in 2012 in Windhoek van nuuts af uitgeleef toe Snyman wéér 'n dubbele honderdtal gemoker het. Sy 201 nie uit nie was van 192 balle, met 14 viere en sewe sesse.

Namibië was een van twee uit die agt deelnemende lande aan die ICC Interkontinentale Beker wat destyds nie internasionale eendagstatus gehad het nie. Bermuda, Ierland, Kanada, Kenia, Nederland, Skotland en die Verenigde Arabiese Emirate het ook aan die reeks deelgeneem.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 211.71/OZ UP +0.96% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0015 | Zinc US$ 2 447.90/T DOWN -0.35% | Brent Crude Oil US$ 87.06/BBP UP +0.78% | Platinum US$ 898.08/OZ UP +0.36%