Snyfonteiners: 'Ons is mislei'

Elvira Hattingh
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop



Inwoners van die Snyfontein-nedersetting, wat sowat 35 km buite Keetmanshoop geleë is, het hul harte uitgepraat ná die onlangse reën in die Suide wat daartoe gelei het dat die Neckar­taldam oorgeloop het.

Die water kan sowat 1 km verder gesien word van waar die mense stroomop van die dam woon en dit wek groot kommer.

Volgens 'n verklaring deur die ministerie van landbou, water en grondhervorming hou die dam geen gevaar vir mense wat stroomop woon in nie. Snyfontein se inwoners voel daar is rede tot kommer, want die water kom glo té naby aan hulle.

Volgens 'n raadslid van die /Hai-/Khaua-tradisionele owerheid, mnr. Cedric Thomas, voel die gemeen­skap dat die regering hulle mislei en ignoreer.

“Hulle het ons mislei. Daar is so baie van ons vrae aan die goewerneur se kantoor, asook die ministerie en ander sleutelbelangegroepe wat onbeantwoord bly,” het Thomas gesê.

Hy het verder gesê terwyl sekere ­beloftes aan die gemeenskap gemaak is, het daar niks van verdere pogings gekom om dit te bespreek nie.



DADELS VAN GEKOM

Die 63-jarige mnr. Elias Bobeje sê al wat vir hom oorgebly het, is verwarring en kommer.

“Om te sien hoe die water al hoe nader aan ons huise beweeg, veroorsaak dat baie inwoners vrae vra en eerlike antwoorde soek. Wat sal van ons oor wees as die water ons huise binne­dring?” Bobeje sê alhoewel dit hartseer sal wees om 'n plek te verlaat waar hy reeds 40 jaar lank woon, sal dit nog hartseerder wees as hy sy besittings verloor.

“Ek sal baie dankbaar wees as die owerhede my na 'n veiliger plek hier op Snyfontein kan verskuif, want ek is verantwoordelik vir my 8-jarige kleinkind wat in skooltye by my woon.”

Bobeje was veronderstel om in 'n tent te woon wat onlangs deur die Namibiese weermag beskikbaar gestel is, maar hy sê die lewensomstandighede is ongunstig en die tent is onlangs deur die wind omgewaai – iets wat hy vrees dikwels sal gebeur.

“Tans is daar nóg 'n tent, nóg water op die plek waarheen ek veronderstel is om verskuif. Dit maak my ­bekommerd.”



GROTER VERLIESE

Die gemeenskap met sowat 1 200 inwoners sê hul grootste vrees is om 'n deel van hul voorvaderlike grond en -waardes te verloor.

'n Gemeenskapsaktivis, mnr. ­Jonathan Thomas, sê versoeke om grafte te verskuif, is ook geïgno­reer. Die begraafplaas is tans in die middel van die Kameelrivier wat ­gedeeltelik opgedroog het.

“Dit sal goed wees as ons nie in enige gevaar is nie. Laat ons egter eers wag en sien wat gebeur as die Kameelrivier, asook die Snyfontein, in volle vloed is. Niemand wil van hul voorvaderlike grond padgee nie – al behels dit ook dat hulle finansieel vergoed word.”



GOEWERNEURSKANTOOR

Mnr. Russel Titus, beherende administratiewe beampte in die ||Kharasstreek se goewerneurskantoor, sê die hervestigingsproses duur steeds voort.

“Ons het 'n taakmag hiervoor gestig wat uit die streekraad, weermag, goewerneurskantoor en tradisionele owerhede bestaan. Die proses duur steeds voort en daarom het ons ook nog nie enige verslae opgestel nie.”

Titus het beklemtoon die Snyfontein-gemeenskap is veilig en as dit by hulpbronne kom, sal tyde­like behuisingsgeriewe binnekort vir die mees geraakte huishoudings beskikbaar gestel word.

Hy het bygevoeg dat tente reeds opgeslaan is en die publiek binnekort deur 'n amptelike ­kennisgewing daarvan verwittig sal word.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.56 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.56 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.96/OZ UP +0.76% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 863.30/T DOWN -0.28% | Brent Crude Oil US$ 87.90/BBP UP +0.85% | Platinum US$ 931.26/OZ DOWN -0.0053