Snelweg byna klaar

Dié padbouprojek sal moontlik die grootste konstruksie in die land insluit.
Tanja Bause
Tanja Bause - Bouwerk aan die dubbelpad tussen Windhoek en Okahandja vorder goed.

Nog ’n fase is voltooi en werk aan die laaste fase is van stapel gestuur.

Die pad sal na verwagting teen Julie 2022 voltooi wees.

Deel 4a, wat die opgradering van die hoofpad tussen Windhoek en Okahandja na ’n dubbele snelweg behels, is volgens mnr. Conrad Lutombi, die Paaieowerheid (RA) se uitvoerende hoof, voltooi.

“Dit sluit die konstruksie van ’n snelweg noord van Windhoek tussen Döbra en die Omakunderivier-brug in, wat oor 27,6 km strek. Dit sluit ook die konstruksie van vier wisselaars in met vier op- en afritte na die dienspad bo die dubbelpad. Twee brûe oor riviere is verbreed en drie nuwe brûe is gebou. ’n Dienspad van vyf kilometer aan die westekant van die snelweg is ook voltooi. Dit strek van die Döbra-wisselaar af, met verskeie skakelpaaie waarvan die meeste grondpaaie is,” sê hy.

Volgens Lutombi was die ongeluksyfer op die bestaande pad weens beperkte verbysteekgeleenthede baie hoog.

“Geen kop-aan-kop-botsing sal in die toekoms plaasvind nie, omdat die snelweg noordwaarts en suidwaarts deur ’n versperring geskei sal word. Ons sal in Februarie begin om die versperring tussen Brakwater en Okahandja op te rig. Dit sal onwettige U-draaie onmoontlik maak. U-draaie sal in die toekoms slegs by die wisselaars moontlik wees. ’n Heining langs die volle lengte van die snelweg sal ook diere en voetgangers verhoed om die pad oor te steek.”

Volgens Lutombi is dié snelweg een van die besigste paaie in die land, met ’n gemiddelde 16 000 voertuie per dag.

Sowat 14 500 van dié voertuie is ligte voertuie en 1 500 is swaarvoertuie.

“Ons voorsien in die toekoms ’n toename in verkeer op dié pad met die voltooiing van Osona Village,” sê hy.

“Sowat 420 mense is vir die projek in diens geneem. Die meeste van hulle is ook vir die volgende fase in diens geneem. Van die projekfondse is 75% aan plaaslike subkontrakteurs en verskaffers bestee,” sê Lutombi.

“Die projek is deur die internasionale kontrakteur CMC di Ravenna en die plaaslike kontrakteur Otesa hanteer. Die finale 21 km daarvan is tans onder konstruksie. Dit behels die deel waar die snelweg van die bestaande pad afwyk tot waar dit wes van Okahandja by die Otjowarongo/Karibib-hoofpad aansluit,” sê hy.

Volgens hom het die deel van die groot projek wat voltooi is N$1 miljard gekos.

“Die volgende fase waarmee ons nou begin het, sal N$900 miljoen kos. Die hele projek sal minder as N$2,5 miljard kos, wat deur die regering van Namibië gefinansier word,” sê hy.

Laaste fase

Volgens mnr. Schalk van Niekerk, Otesa se uitvoerende beampte, sluit die laaste 21 km moontlik die grootste konstruksie in Namibië in.

“Die twee brûe wat langs mekaar oor die Swakoprivier gebou word, is elk 280 m lank en 12,5 m breed. Saam is dit 560 m se brug oor een rivier. Dit is heel moontlik die grootste konstruksie in die land en beslis as jy hulle saamvoeg,” sê Van Niekerk.

“Die laaste deel sal uit vier wisselaars met vyf brûe bestaan. Die Omakunde-wisselaar sal 110 m lank wees, die Osona-wisselaar 65 m lank, die Gross Barmen-wisselaar 100 m lank en die Okahandja/Karibib-wisselaar, wat uit twee brûe langs mekaar bestaan, sal elk 70 m lank wees.”

Volgens Van Niekerk sal twee brûe oor die Swartsrivier gebou word.

“Die totale volume sement wat ons vir die bou van die brûe gaan gebruik, is drie keer die volume wat ons tydens die bou van die vorige fase gebruik het, wat 72,5 km lank was.

“Ons sal sowat 43 000 kubieke ton sement gebruik teenoor die sowat 16 000 kubieke ton wat ons op die vorige fase gebruik het.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!