SMS'e vir 9 Maart 2018
SMS'e vir 9 Maart 2018

SMS'e vir 9 Maart 2018

". . .klaar met Swapo. . ."
Mandy Rittmann
Wie weet hoekom het ons nog nie staatspensioen gekry nie? Dit is vandag al die 8ste Maart, en nog niks!



Ek en my vrou het ook nie ons pensioeninbetaling die maand van die staat ontvang nie. Tot nou weet ons nog nie waar ons navraag kan doen nie. Kan iemand ons dalk help.



Vuil hospitale: Ek is van mening dat die sale in die hospitale eerder skoongemaak moet word as die teaters. Die pasiënte in die teaters is meestal onder narkose en kan nie sien as dit bietjie vuil is nie.



Mr President and the ministers. Do you feel anything at all? How do you sleep when you spend hundreds of millions on luxury buildings and renovations of luxury buildings with more luxury, when thousands of your people do not have water or toilets, people go hungry, education and health facilities are in shambles (list is endless). Incompetent SOEs cost millions in bailouts, 49 percent of income is spent on salaries (10 000 people out of 2,3 million), 75 percent of the emergency fund is stripped for public enterprises salaries, humanitarian assistance to Cuba and to help pay fuel for the Ministry of Safety's fleet of police cars, grounded because of no fuel etc., etc., etc.? Namibians remember this at election time!



Het ook nog nie oumenspensioen ontvang nie, maar my vriendin se pensioen is al Sondag inbetaal. Is dit diskriminasie of wat?



MTC, when are you going to let us participants in your SMS competitions know who the 50K per day winners are? 22 February untill today and no winners announced as yet! Thanx.



As dit die houding van die Swapo-regering is om vir ons bejaardes slegs 'n N$50 per maand verhoging te gee, dan is ons permanent klaar met Swapo. Ons sal met die volgende verkiesing vir mnr. Venaani van PDM stem. Die verkiesing is net hier om die draai. Hy sal vir ons 'n beter lewe in Namibië waarborg.



Dankie baie, dankie oom Calle vir die 50 dollar 'n maand ekstra. Lankal geweet julle Swapo-regering is bankrot.



Sowaar! Is dit die beste wat oom Calle kon doen? N$50 'n maand vir die bejaardes. Sies man!



Oom Calle, julle kan N$45 miljoen op 'n plaas mors, maar kan nie omsien na die bejaardes nie.



Wat 'n skreiende skande! Die regering kan bekostig om N$45 miljoen op 'n plaas te mors, maar kan net N$50 per maand meer aan pensioenarisse afstaan. Dit is 'n klap in die gesig. As hulle maar liewer niks gegee het nie, sou dit beter afgegaan het. - Jan Nel



Kaptein McNab moet nie eens daardie agbare here, Bismarck en Piet, antwoord nie. Dis nie werd om nog jou energie op hulle te mors nie. Hulle weet wat reg is en Jan van Wyk is beslis nie kapteinsmateriaal nie. - Trots Baster



Ek is baie teleurgesteld in die vroue en manne van Rehoboth. Hulle wil net kla, maar as hul uitgenooi word na vergaderings (vandag was dit die dag teen vrouegeweld) nie eens 100 vroue. Nee! Dan kla julle. Welsyn, staan op.



Keetmanshoopstreekskantoor se kombuis gooi tonne kos weg, buiten die gaar en rou kosse, wat die personeel huise toe dra, en die stowe staan 24/7 aan. Wie moet daarna kyk?



Mondesa residents whose houses were flooded: Go to a human rights lawyer to help u to sue the municipality for your losses and damages. U can't keep quiet, u must take action.



RA needs 29 million to fix 219 million new luxury RA building as support pillars cracking due to faulty foundation? Where were the building inspectors? As it is either architect and or builders fault. They must fix it at their costs and not the taxpayers! Either way, another project's cost spiralled now totaling 249 million. Stop wasting money on luxury buildings, the country is bankrupt as it is!



Namibians! I hope you all saw in this weeks papers and remember the coming election. How politicians, officials, well connected are rich, hold fishing quotas, tenders and have farms and businesses and they want NEEEF (taking from others by force) to eradicate poverty? Viva Harambee!



Ek wil tog graag weet hoekom verskil die goetes so hemels breed in Rehoboth? Jy word gevang met N$100 se dagga en jou boete is N$500. Ander een word gevang met N$50 dagga, maar die boete is N$800. Watse magistraat en staatsaanklaar het ons hier? Of gaan dit oor as hulle jou ken, dan is jou boete laer.



Wel, ek dink elke bruin persoon weet. Eers was ons te swart, nou te wit. Al word ons as swart geklassifiseer, kry ons nog steeds nie die werk nie. Wie kyk agter ons?



Boks-fan: Hoekom wrestling weghaal en nie rugby, sokker of boks? Elkeen is lief vir sy sportsoort. Moet nie "wrestling" kyk, sit jou TV af. ­Asseblief!

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!