SMS'e vir 9 Desember 2019
". . . lekker warm stoel . . ."
Ai tog, ek is so verheug! President Hage Geingob, you did it. Don’t worry be happy. Dit was God se wil. Die hele silwers het nie opgedood nie, ons lewe, ons het met gebede gedruk om u daar te hou. Ho ho! God sal u beskerm en seën. Ignoreer daardie boellies. Regeer Namibië in vrede en vee uit daardie korrupsie.
Og, mens word net skaam van ministers se stelery. Geagte president en ministers, volgende jaar moet julle asseblief ophou met hierie skandelike goed. Julle moet beginne reg werk en reg sit in julle se stoele. Og hene, mens weet eintlik nie wat om te sê nie.
Diegene wie vir korrupte leiers stem: Voel julle nie skaam nie? Jul stem beteken jul is tevrede met hul korrupsie.
Waarom is mediese fondse so vrekduur in Namibië? Hospitale en dokters in Namibië is baie duur. Mense word so sleg behandel by die staat omdat almal nie mediese fondse kan bekostig nie en ook nie die private hospitale kontant kan betaal nie. Als gaan oor geld. Private dokters het geen simpatie om te help sonder geld.
Hhmm, daardie lekker warm stoel waarvoor ons president en sy makkers so geswoeg het, wil hulle verniet hê, etoti. En hoor hoor! Daardie drie maskateurs sal weer lekker baklei oor daardie stoel. Daar kom ’n ding in ons land. Waarheen gaan ons? Ek vrees die toekoms!
Ai tog, my mooiste prins Andrew is ook so ingeloop. As hy met Koo Stark of Lady Di getrou het, sou alles nie met hom gebeur het nie. Mag Andy dan nie weer trou of ’n meisie hê nie? Alles wat hy probeer, is fout. Arme Andy. Sterkte. Ek vra maar net.
Kan ons dalk die smeerouma Selma se nommer kry. (Haar nommer is 081 248 9649. - Redaksie)
Wat my baie omkrap, is diegene wat orals langs die pad staan vir saamrygeleenthede en allerhande tekens vir jou wys as jy verby ry. Regtig mense? Bespreek vir jou plek op ’n taxi en ry saam met die, dit is openbare vervoer. My motor is nie daar vir openbare vervoer nie. Vir my is jy ’n risiko.
Die wit Toyota taxi N 1661 T wat my Vrydag om 16:10 vasgeparkeer het buite Bank Whk Tsumeb en toe geskel en geweier het om weg te trek na ek hom gevra het om uit die pad te kom net die volgende: jy is seker so ‘n dapper man omdat jy seker ook met ‘n vuurwapen of lang mes onder jou klere rondry. Dit het tyd geword dat die polisie begin om random checks te doen vir wapens op taxi’s. Dit is die wapens wat julle die selfvertroue gee om so minagtend teenoor ander motoriste op te tree. Kom polisie, of is julle daarvoor ook te bang? Jy weet, dis maklik om ongemanierd op te tree, maar dis gelukkig nie verpligtend nie. Kry respek vir ouer mense dan sal jy dalk meer respek vir jouself ook kry.
Baie dankie aan Pupkewitz Haval vir uitstekende diens met my motor se diens en die verrassingsgeskenk. Waardeer.
Grill & Go in Mariental. Baie dankie vir eerlike personeel. Ons het ‘n beursie daar vergeet. Die personeel het die beursie aan die bestuurder oorhandig. Ons het gebel en die beursie teruggekry met alles daarin. Baie dankie! Ons waardeer dit!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie