SMS'e vir 26 Julie 2021
SMS'e vir 26 Julie 2021

SMS'e vir 26 Julie 2021

"...nie 'n sny brood..."
Mandy Rittmann
Wat wil die regering, onderwysminister nou probeer? Geen normale kind of onderwyser sal net twee kwartale kan vol hou. Minister van onderwys gaan saam met kinders 7uur by skool 1uur uit, dan buitemuurse aktiwiteite, dan nog huiswerk. Doen dit net vir ’n kwartaal saam met die skole. Maklik om ’n wet te skryf as jy dit nie hoef uit te voer. Dink, dink net voor julle net iets besluit asseblief. Ek dink dit is belaglik.

Apartheid was die geskiedkundige lyn tussen swart en wit mense, maar nou, as sommige N$100 000 (een honderd duisend) per maand verdien en ander het nie ’n sny brood nie, het ons dan onwetend in ’n ander soort apartheid ingehardloop en is na 30 jaar steeds in dié soort apartheid? Het die opposisie ooit gewonder?

Stem saam met die berig in 23ste se koerant. Wonder net waarvandaan kom die Covid wat so seevier.

Klagte oor 2 dik snye brood. Regtig?! Liewe mens, vra vir ’n ongesnyde brood en beslis oor jou eie dun snye. Die lewe het werklik meer goeie (en slegte) dinge om jou oor te ontstel as ’n sny brood.

Wat gaan in Otjiwarongo aan? Smousmark met groente, skoene ens. op sypaadjies, daar kort nog net vleis. Skande munisipaliteit, waar is wet en orde? Maar nee, betaal nie jou rekening en hulle is dadelik op jou. Jy kry nie parkering, omdat die parkering ’n smousplek is. Skande Otjiwarongo-munisipaliteit.

Op my knieg gaan ek neer. Met geloof sal ek U eer. Stukkie vir stukkie breek my hart. U O Heer verstaan die smart. ’n Traan op my wang verberg die hartseer. Stemme raak stil O Heer. Ek is binne diep seer. Wagtend vir genesing O Heer. Dankbaar met eer. Amen ja Amen, O Heer. - Mogamat Salie Saban

Watter ministrie is verantwoordelik vir die bepaling en goedkeuring van salarisse, asook watter riglyne word gevolg en waar kan dit besigtig word?

Ek wil u naam alleen loof. Ek wil dankie sê Vader, in die tyd wat ons mense nie weet hoe laat dit is, nog dankie u liefde wat altyd is laat my lag. Ons is bly u is met ons in U naam amen. Namibia.

Vanoggend is ons net besig na Bybel vrae. Dit gaan so, aan wie almal is die seun gegee? Is dit Jan, Piet of Simon wat die seun gegee is?

Mamma, aan jou roksoom bly ek klou, voor die kolestoof terwyl ma brou. Pynlik netjies pronk u mooi. Mamma u bly my nooi. Amen ja Amen. - Mogamat Salie Saban

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!