SMS'e vir 25 Junie 2019
". . . nie 'n dooie duiwel . . ."
Hoofberig in Market Watch, Republikein 24 Junie 2019. Die geagte President: "Our financial institutions should start funding small and meduim-sized entrepreneurs.” Nou is ek heel verward. Is die fiasko van die SME Bank dan alreeds vergete?
Die Swapo-regering is totaal onbevoeg, korrup, skaamteloos en gee nie ’n dooie duiwel om wie wat sê nie. Hulle het hul kamerade oral in strategiese plekke in hul sisteem ontplooi, om te sorg dat skuldiges in die binnekring nie verantwoording hoef te doen nie. Die ACC, aanklaer-generaal en andere is oorbodig en dien geen doel om onder andere GIPF se groot eters te vervolg nie. Dit is nou baie duidelik hoekom individue politieke aanstellings is. Die staatskas is leeg, glo geen bewyse om te vervolg nie. Ja landsgenote, ons is ’n gemorsstaat met onbevoegde grootpraterleiers. 29 jaar lank het ons gekelder. – Namalander
Opposisie, partye en bewegings. Solank elkeen vanuit sy eie kokon of wêreld opereer, verdeel jul net die mense en verswak jul julself omrede jul almal ’n gemeenskaplike doel het om die politieke landskap te verander. Ongelukkig is sommiges te eiewys en elkeen wil leier wees, daarom sal ons nie noemenswaardige veranderings teweeg bring nie. Om nie ’n front te vorm nie, byvoorbeeld ’n NOF/M (Namibia Opposition Front/Movement) en Swapo met al sy staatsmasjinerie verdeeld aan te pak, is gedoem vanwee geen samesyn. United we stand divided we fall. When will we ever learn unity is strength? – Vêrkyker
Ek vind dit snaaks dat niemand weet aan wie die GIPF-miljoene geleen is nie, dit terwyl die GIPF self die inligting verskaf het in ’n koerantinsetsel ’n hele paar jaar gelede.
Die GIPF-diefstal is niks anders as staatskaping nie. Iewers ’n Zuma besig. – Hagip
Ondanks die teenwoordigheid van ’n teenstropingseenheid op die lodges word renosters gestroop. Dalk weet hulle van mekaar.
Ek stem absoluut saam met die lesers dat Home Affairs ’n verlengingstydperk op jou huidige passpoort kan gee tyd en wyl hulle wag vir paspoorte. Kan hulle nie dink aan ’n plan B nie, nou moet jy jou vakansieplanne on hold sit. Kan mense nie verder dink nie?
Ministry of Labour Keetmanshoop. Please check the new building opposite the mall. The workers do not have safety gear like helmets, safety harnesses, glasses or boots. They are working at a height more then 10 meters standing only on scaffolding. Is safety not necessary anymore?
Graag wil ek ’n beroep doen op die sportjoernaliste dat hulle die ware feite sal weergee. Hulle skryf oor die wedstryd van United en Suburbs, maar praat nie van die ongerymdhede wat plaasgevind het nie, soos drieë deur Suburbs gedruk, maar wat nie toegeken is nie en drieë deur United gedruk, wat nog die skeidsregter nog die grensregter kan bevestig.
Ek ly aan slapeloosheid vir baie lank (jare), voel so siek en lusteloos deur die dag. Ek wil my nie gewoond maak aan pille nie. Iemand het miskien raad. Dankie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie