SMS'e vir 23 September 2021
"...agterste speen drink."
Kan iemand asseblief verduidelik hoekom Namibië steeds op die rooilys is in die Verenigde Koningryk. Waar is ons ministers van gesondheid en buitelandse betrekkinge? Wie is verantwoordelik om namens Namibiërs te onderhandel? Studente moet nou noodgedwonge in kwarantyn gaan vir 10 dae met kostes tot en met N$40 000. Hoekom moet Namibiërs altyd aan die agterste speen drink? Waar is ons regering en sogenaamde ambassadeurs?
Geluk Krieket Namibië met julle T20 WB-veldtog. Ook die insluiting van Dawid Wiese in die WB-groep is wys en manmoedig. Sterkte! – Robbie
Rondrits klink goed op die oor, maar gatskuur sit net beter. Elf Swapo’s vat die pad oorsee om te wat? Sliep en daain en waain. – Pietrossi
Was vanoggend by Otjiwarongo-staatshospitaal vir Covid-inenting. Personeel baie vriendelik, behulpsaam en geduldig met ons dowe oues en baie professioneel. Baie dankie julle.
Ek is tog dringend op soek na tweedehandse klere vir twee kinders. Ouderdom, ses jaar en tien jaar. Hul ouers het afgesterf. Ek wat hulle aangeneem het, is nou werkloos. My nommer is 081 373 5177.
’n Sekere bank het die swakste diens. Hulle gaan nie uit hul pad uit vir ’n kliënt nie. Doen julle werk en doen dit met spoed asseblief.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie