SMS'e vir 22 Mei 2020
"Ons sien uit . . ."
Baie dankie aan ons regering dat ons met ons skole kan begin en ons jaar in 2020 kan klaar maak. Ons sien uit om ons leerlinge te ontvang.
Ja nee, enigiets sal gedoen word om amptenare te magtig om die publiek se eiendom (drank) wettiglik te steel. Wat is die politici se probleem met drank? O ja! En moet tog ook nie te veel van jou eie kinders saam met jou in jou eie kar vat nie, al bly julle almal in dieselfde huis. Sou lagwekkend gewees het, as dit nie so dom, hartseer en wreed was nie. Ten minste weet die publiek nou met watter tipe politici ons te doen het. Hoop hulle onthou dit by die volgende verkiesing.
Gooi drank uit as daar gedreig word met konfiskering. Van ’n frustreerde Hentiesbaaier.
Ek sal dit tog hoog op prys stel as die polisie en weermagbeamptes groot asseblief ’n plan kan maak met die kinders wat sonder toesig in Nom 1 straat met ’n bal speel en groep meetings hou sonder maskers. Sal dit baie waardeer.
Omaruru-munisipaliteit is vir verskeie maande reeds besig met veranderings aan die kantore en die publiek word nie vir besigheid binne toegelaat nie, maar moet buite in die son staan in lang rye as jy enige besigheid daar het. Dit is pateties!
Aranos se polisie gaan aan oor maskers wat nie opgesit word nie, maar baie van hulle doen dit ook nie. Hulle vat mense se wyne af, laai die mense en drink die wyn uit. Wat kan ’n mens met hul doen? Hulle bly in groepe, is dit net hulle wat nie corona sal kry nie?
As ek wil suip en rook, is dit my saak! Wat de hel het dit met die regering te doen? Al hulle belaglike regulasies is maar net om hulle soos ware diktators te laat voel. Daardie gevoel van jy sal maak soos ek sê, dis siek!
Ons is op soek na iemand wat ’n graad 5-leerling van Windhoek Gymnasium kan help met skoolwerk. Skakel 081 245 2377 of 061 302 918 (home schooling).Ek is tog op soek na die swartpitkruie in Okahandja, as iemand my kan help. Ek sal dit waardeer. Dankie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie