SMS'e vir 22 Maart 2019
SMS'e vir 22 Maart 2019

SMS'e vir 22 Maart 2019

". . . koop vir jou grond . . ."
Mandy Rittmann
Gert en Juanita. Mooiste liefdesverhaal en so opreg. Mag julle baie gelukkig wees. Julle is so spesiaal.

Droogtehulp. Dankie GRN dat jul voortydig optree.

Ongeluk op Otavi-pad Sondag 17/3. Hoog tyd dat die verkeer hierdie shuttles oor laat uitpaseer en kyk hoeveel ken hul padreëls! Want duidelik ken hul nie ‘n blinde hoogte nie en ry verby op ‘n sperstreep. Ons was op dieselfde tye op die Noorde-pad gewees om als waar te neem. So doen iets aan die traak-my-nie-agtige houdings van sommige motorryers.

Padslagting is ‘n bietjie hard gestel dankie. Spoed is nie aldag die oorsaak van ongelukke nie. Die verbysteek op blinde hoogtes by ‘n draai waar uitsig belemmer word; 2 tot hoeveel voertuie wat verbygesteek word waar die drywers nie van hulle spieëls gebruik maak nie en noem maar op. Ja, verkeerskonstabels wat nie sigbaar op paaie is nie. Kyk my mense in Rehoboth wat Vrydae in ongelukke betrokke raak . Pettycash-crime is meer belangrik as die lewe van my en mede-Namibiërs. Word verkeersbeamptes met trots. Kom uit die dorp, beweeg op die paaie. Sigbaarheid en teenwoordigheid is van kardinale belang en nie agter bome en onder brûe nie. Word trots en wees waardig van jou werk wat jy gekies het.

Wat ’n grap op Republikein se voorblad van 20 Maart, oor staatsvoertuig wat verniel is. Dit is glad nie nuus nie, dit gebeur daagliks. Ek wonder of die staat weet hoeveel voertuie hul het en aan wie dit toegeken is. Gebruik hul logboeke en word die logboeke nagesien?

In gister (Dinsdag) se koerant lees ons weer van die AR wat betoog en grond eis. Mnr. Job Amupanda, baie welkom in 2019. Indien jy grond wil hê, koop vir jou grond. Daar is duisende erwe oor die hele land beskikbaar. Maar mnr. Job, jou probleem is jy wil dit verniet hê. Kyk om jou rond, in alle woonbuurte bly daar duisende mense in hul eie huise, wat hulle gekoop het met geld waarvoor hulle gewerk het.

Moet versigtig wees om die blaam oor die Psemas-penarie in die dokters se skoene te gooi. Pasiënte wat die fonds bedrieg soos onlangs in die nuus was, is die groot probleem. En is die persone wat by Psemas met die eise werk nie opgelei om sulke bedrog op te merk nie? Ek sê maar net. Moenie altyd die dokters blameer nie en dink daaraan dat dokters hulle personeel moet betaal, al word hulle maande lank nie vir hulle dienste betaal nie.

Shocking, shocking, shocking, how our hard earned taxpayer's money is squandered on luxuries and benefits for the elite. Almost everything free. Now Iyambo's free accommodation and wanting a lift for N$2 million? He got N$10 million pension plus benefits? It is sickening how the elite wallows in luxury while their people don’t have food, medicines, toilets, etc. etc. and the country is bankrupt, broken and corrupt to the core! Shame on you Swapo government, shame on you! Voters wake-up!

In response to a series of SMS’e. Dit gaan my verstand te bowe dat mense met sigbare geraamtes van hul eie vir minister Katrina alreeds skuldig bevind. My foutlose vriende, laat die gereg sy gang gaan. Bly jy maar intussen in jou gerieflike sondelose en foutlose hoekie. – SMA

Waar verkeer vanaf Katutura en via die verbypad soggens suid in Onafhanklikheidslaan na die stad se kant beweeg, druk taxi's ander voertuie - selfs munisipale busse - lustig oor die sperstreep voor ander in. Soms is daar voorstaandienste by die kruising (sommer 'n hele spul) en dan gaan dit beter. Wys jou net mense voel 'n veer vir verkeersregulasies sodra die verkeersbeamptes uit die oog is. 'n Groot deel van ons probleem, wat sommer by eenvoudige goedjies begin. Indrukkers, kom asseblief betyds in die regte baan.

Stem saam dat honde-eienaars hul honde se poef moet optel. Ken frustasie van die probleem.

Onse Biskop Christiaans, jammer om dit koerant toe te vat, maar Gibeon se Rooms-Katolieke kerk sal die eerste een wees wat ons koerante toe sal vat. Tree asseblief in en stop die wanbestuur van fondse en uitbuiting en misbruik van posisies, neersien op behoeftige mense en ja, ons raak nou moeg vir die outokratiese regering waaronder ons ly.

Dit is ’n plesier om met Lynette by Momentum te werk. Sy is elke dag vriendelik, hulpvaardig en geduldig. Sy is werklik ’n aanwins vir Momentum. Hou so aan Lynette.

Jossop ek soek raad vir sing 081 660 9971. Wil sing, ek wil graag ’n stem kry vir sing.

Dringend opsoek na ou boumeteriale wat agter in u jaarts lê wat u nie meer gebruik nie, soos sinke, precast ens. Asb., enigiets, asb. – 081 358 3376

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!