SMS'e vir 22 Januarie 2020
SMS'e vir 22 Januarie 2020

SMS'e vir 22 Januarie 2020

". . . president van rugbysake . . ."
Mandy Rittmann
Verkiesing: Myns insiens moet die regbank vreesloos beslis as daar ongerymdhede was tydens die verkiesing. Die verskoning dat die land dit nie kan bekostig om ’n herverkiesing te hou nie, hou nie water nie.

Motteplaag: beheer met lig 20 cm bokant skottel water. Motte versuip as hulle agter lig aankom. Vrugteboer se raad.

Die sogenaamde kraamdokter wat ’n ongebore kind se kop aftrek en dit op die ma se bed gooi, is blykbaar nie nalatig gewees nie. Wat is in ons land aan die gang? Is die mense besig om van hul koppe af te raak? Hy word deur die owerheid toegelaat om mense te behandel. Die Vader behoed ons.

Mnr. Nico Smit, in verband met u kommentaar oor dr. Itula op 17 Januarie 2020 se voorblad. Dit klink of u jaloers is. Hy veg darem vir ons in ’n paar maande! U het dit nie gedoen nie in 30 jaar.

Erge drinkwaterlekkasie in Hügelstraat op die hoek waar mens afdraai na Meteorologiese Dienste. CoW kerm en kla omdat ons nie waterbesparingsteikens haal nie, maar daar is geen reaksie op rapporterings sedert voor die Kersvakansie nie. - Raadop inwoner

Mnr. die president van rugbysake. Kan jy asseblief baie vroeg in die jaar vir my sê watter prosedures en of kreteria julle gebruik het om die huidige, waarnemende hoofafrigter aan te stel en hy weer op sy beurt mee hulpafrigters inbring en sommer ook sodanige afrigters op kursusse stuur, asof hulle al klaar geoogmerk is vir die posisies.

Die hottentotsgot word so genoem, omdat hy vroeër deur die Khoi vereer is vanweë sy biddende houding. Ook bekend as bidsprinkaan of goejop.

We believe what we know and not what we hear. Mr. X (name not published due to a current criminal matter) has been a great advantage to our community and had set many students on their way to success and basically made us better than we could ever be. Known as a pillar in our community and a ambassador of the Baster nation.

Johan Schutte, 17 Januarie, bladsy 13 ("Span onderbenutte en onbenutte geboue in as klasse"). Ek het dieselfde gedagtes in 2017 na die vakadviseurs gevat, op die 8ste vloer van die Frans Indongo-gebou. Hulle het net geluister en niks het daarvan gekom nie.

Karasburg. Wie ook al in beheer is van die afsit en aansit van ons water, saans is daar nie water nie. Soggens by die skole en koshuise is daar nie water nie. Watter tyd kom die water eers by die skole aan, moontlik eers vanaf 10 uur. Toilette is haglik! Ons het nie warm water nie. Sit die water in die nag af, nie in die dag nie. Of is beplanning ’n probleem soos gewoonlik?

Bethanie. God slaap nie. Eet maar chief se boedel alleen. Governor Basson, u moet praat met daardie twee manne laat hulle dinge reg doen.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!