SMS'e vir 20 April 2021
SMS'e vir 20 April 2021

SMS'e vir 20 April 2021

"... die buurman se probleem."
Mandy Rittmann
Ek wil net sê die sprinkane is nie iemand s'n nie. Elkeen moet sy deel doen en spuit. Geen sprinkaan soos jakkalse het naamplaatjies nie. Daar is mense wat rustig sit en net redeneer dis die buurman se probleem. Regtig! Jy kla nie as jou buurman se wild oorkom na jou toe nie. Nee, dan is dit joune. Al huur jy ’n plaas. Dis ook nogsteeds jou plig om die sprinkane te spuit. Lyk my party mense werk net met hul monde. As dit fisies by werk kom, dan sak ons uit. Ons vergeet maar gou hoe die droogte ons getimmer het en dat jou buurman vir wie jy nie nou wil help nie, jou gehelp het. Ek sê maar net.

Lesley Gariseb. Well done! Jy verdien ’n medalje!

The president will have to act fast to defuse the racial tension that is brewing in Omaheke in the farming communities of Chaka-Benhur caused by the arrogant and incompetent office of the governor. Omaheke regional government is controlled by one tribe to the exclusion of 5 other communities. The other tribes are treated with contempt and disdain. The situation has become untenable and some investigation is required. The arrogance of the govenor's office is unacceptable and inappropriate. The system as it is, is unworkable. A new constitutional arrangement need to be introduced. - N. Mokhatu

Mnr. Jeff wat in die SMS’e sê dat hy gelukkig nie vir LPM gestem het nie: Ons het nie jou stem nodig nie, dankie. Bly met jou stem by daai evil Swapo van jou. Sonder jou stem sal LPM regkom.

Ek wil net vir hierdie mense sê wat nou die LPM se manne kruisig, doen jou die guns en gaan kyk Twelve Angry Men op You Tube. Dit gaan nie om presidentskap nie, maar die waarheid moet seevier. Vir te lank is daar stilgebly. Dertig jaar te lank.

Kom ons kry rekords heel korrek bevestig deur World Rugby. Roger Thompson, Johan Diergaardt en Jaco Engels is Namibiërs met level 3. Cryzander Botha en Henry Camm is besig met hulle s'n. Hoop dit help iemand iewers.

Ek is bly daar is mense wat die onderdrukking van menseregte in hierdie land sien soos ek. Dankie Rooi Olifant vir jou bydrae in 19 April se koerant. Ek vra die Republikein om meer hieroor te skryf. Hierdie mense moet voel hulle word gesien en gehoor.

By wie kan Rundu se mense nog kla oor die bitter vuil dorp, want daar is nie vullisverwydering en dan het ons nou al maande langs die rivier nie water elke dag nie. As ons miskien gelukkig is, ’n dun straaltjie water af en toe.

Ek is op soek na moulds van klein feetjies, mannetjies en vroutjies asseblief. Indien iemand my kan help, skakel 081 667 9466.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!