SMSu2019e vir 2 Maart 2018
SMSu2019e vir 2 Maart 2018

SMS’e vir 2 Maart 2018

“. . .skep net meer ellende. . .”
Dani Booysen
Privatiseer tog asseblief patetiese Air Namibia wat jaar na jaar uit swaar verdiende “taxpayers”-geld honderde miljoene “bailout” kry. Die regering is nie in staat om ‘n besigheid te “run” nie. Boonop werk baie TV’s al maande nie, asook “seats” wat nie kan terugslaan nie. Ek boek oorsese vlug: “fare” N$5 979,00; “airport taxes” N$8 193,00. Hoe verklaar jy sulke onsin???

Tanzanië stel onafhanklikheidsvieringe af: Namibië se president kan gaan leer by president Magufuli van Tanzanië. Lyk my hy verstaan EES se skoonmaakvideo en om geld vir die regte redes te gebruik.

Kokkie Adriaanse moet bewys lewer by watter winkels word melk vir N$10 verkoop.

Om NEEEF op mense af te dwing, is totaal ondemokraties! Inteendeel, dit is eerder kommunisties! Vrye Westerse wêreld, neem kennis van hierdie onnosele skuif.

NEEEF: Oh yes Mr. President, we have been listening, however some of our responses have been ridiculed. GRN’s ignorance; arrogance; high-handedness and behind closed doors decisions deserve condemnation by the taxpayer. How about under-spending on the military and overspending on our education as a starting point to possible solutions? Just imagine some of our illustrious rags-to-riches politicians and tenderpreneurs offering free evening classes to the masses on how to become successful in business. Let’s also do a segmentation of customers for luxury cars. The list of suggestions is endless. . .

Is daar niemand in die regering wat dink nie? Alles wat so verniet weggegee word soos plase raak ‘n onproduktiewe gesukkel en verlig nie armoede nie, maar skep net meer ellende. Nou dink ons president dat NEEEF die ding gaan doen. Meneer, NEEEF gaan nie armoede oplos nie; dit gaan net ‘n paar “fat cats” bevoordeel en die man op straat gaan niks daaruit kry nie. Al wat armoede gaan oplos, is werk, werk en werk.

Genade, agbare president! Swart Namibiërs dra die swaarste las van die donker tydperk van ons geskiedenis. Wat het julle gedoen na 27 jaar? Absoluut niks. Moenie die nasie mislei deur die tipe stellings nie, asb. Julle regeer die afgelope jare net vir die verligting van ‘n sekere groep! Pateties.

Ek is jammer om dit te sê, maar laat die mense net die waarheid praat. En alles los ek in Godshande. Dankie. Wie dit doen, sien God alleen.

Keetmanshoop: Die mense (of persoon) wat altyd Sondag die groot vullisplek aan die brand steek, moet asseblief ophou. Dit lyk nie mooi nie. Brand die goed Saterdag. Sondag gaan ons kerk toe en rus daarna. Ek kry skaam.

Okahandja – urgent. Where are the clever engineers who do the piece of tar road? We like to know where are the sleeves for the service for water pipes and cables. So many things are going to be built next to the road.

Tses polisie moet ge-“reshuffle” word. Hulle doen nie hulle se werk nie. Beeste word gesteel en geslag. Al rapporteer jy, niks word van die saak. Dis in Tses- en Berseba-omgewing.

Nee wat, Heleon Beukes. U val ook net karakters aan in plaas van om die saak te verbeter.

Holy Cross Convent Primary School. Principal, please help with the traffic congestion in the mornings before school starts & when school goes out. Let the parents with cars use the back gate in Mandume Ndeumufayo Avenue please.

Rocky Crest: Patrolleer asseblief die strate tussen een en vier uur in die nag. Stadspolisie, daar’s werk. Die diewe is besig.

As jy ‘n afgekapte boom heeltemal wil uitroei, kap gleuwe in die afgekapte stam en gooi gebruikte motorolie op.

Wat doen ‘n mens met honde wat in die straat bly en jou gedurig storm as jy met ‘n fiets ry? Al by die munisipaliteit van Gobabis gekla, maar honde bly nog steeds in straat.

Aan die dame op Mariental wat haar derm af gewerk het, wil ek net sê sterkte en wees tog versigtig in die toekoms.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!