SMS'e vir 2 April 2020
SMS'e vir 2 April 2020

SMS'e vir 2 April 2020

". . . druk op paaie . . ."
Mandy Rittmann
Ek is seker die invoer van goedere kan per lug geskied. Sodoende verlig druk op die paaie, asook oponthoud by padblokkades.

Ek voel ons regering moet dit verpligtend maak dat enigiemand wat uit die huis gaan buite sy eie woning ’n mondskerm of masker moet dra. Enige masker of skerm voor die mond en neus sal ’n verskil maak, maar slegs wanneer almal dit dra. (Maskers is die belangrikste vir gesondheids- en ander werkers en mense wat die siekte het. Maskers hou ook gesondheidsrisiko's in. Die belangrikste is om die vier wenke oor higiëne te volg. - Redakteur)

Die veld is mooi groen, skoon en ruik so lekker. Die grondpad is geskraap, maar hier in die pad lê twee leë bierblikke en twee leë plastiekkosbakkies. Regtig mense, dit sê baie van jou karakter. Mense gooi ook hul asdromme uit buitekant die dorp, so ook regoorkant die straat. Is dit nodig om so te mors?

China het die derde wêreldoorlog gewen sonder om ’n skoot te skiet.

Deputy Minister Derek Klazen, die gemeenskap van Aranos soek hulp en 'n uitweg met die krag wat in huise ingesit word wat duur is en verskillende pryse het. Die Town Council se watertariewe styg elke 2 of 3 maande. Asseblief, help ons. Water is maandeliks 500 en krag wat ingesit word 7 545,78. Ander dorpe se krag is minder as 5 000. Asseblief, help die werkloses. Minister Erastus Uutoni, help ons op Aranos.

Word die ou mensies mislei? Ek het met my eie twee ore vanoggend 31 Maart op die Afrikaanse nuus gehoor die pensioenarisse kry nou drie maande se geld. Laas Vrydag is dit ook so deurgegee.

Wat van die huiswerkers wat inslaap? Hulle moet staan en werk. Dis nie reg teenoor hulle nie. Hulle moet ook net bly in hul kamers.

En op die tyd dat hulle die spysoffer bring, het die profeet Elia nader gekom en gesê: Here, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit vandag bekend word dat U God in Israel is en ek u kneg en dat ek al hierdie dinge op u woord gedoen het. Antwoord my Here, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U Here, God is en dat U hulle hart tot U laat terugkeer. Daarop het die vuur van die Here neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer. Ja die water wat in die sloot was opgelek. En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die Here, Hy is God die Here, Hy is God! 1 Konings 18:36-39.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!