SMS'e vir 19 November 2018
SMS'e vir 19 November 2018

SMS'e vir 19 November 2018

". . .al laaaankal handuit geruk. . ."
Mandy Rittmann
Misdaadbekamping gaan net moeiliker word indien die reaksietyd nie verbeter nie, want elke krimineel weet presies hoeveel uur hy tot sy beskikking het. Die netwerk weet ook presies waar die polisiekar geparkeer is en hoekom.

Regering, misdaad het al laaaankal handuit geruk en is hopeloos te laat om reggeruk te word! "Congratulations", dat julle wakker word! Vat sommer die korrupsie ook aan wat so blom en julle so toe oë ignoreer! Skaam julle, polisie en regsstelsel. “Useless”!

SOE’s se direksies gaan van volgende jaar beoordeel word? Rêrig? Na hul 28 jaar lank gefaal het en honderde miljoenêrs hul deur korrupsie ryk gesteel het en die land bankrot gemaak het? Niemand in Swapo sal ooit verantwoordelik gehou word nie. Korrupsie is nou deel van die lewe, ten koste van belastingbetalers en armes. Skaam julle!

Hou tog alle inligting oor siektes en gevolglike sterftes uit koerante en ander media, want in Katutura vloei riool op straat. Ons loop en of ry daaroor om nie eens te praat van riviere wat as oop rioolpype dien nie. Spreek die oorsprong van die probleem aan, byvoorbeeld watter kantoor is verantwoordelik vir hierdie toenemende chaos?

Mr. President, Ministers, officials. Read “Who is Swapo” on page 9 of Republikein 16 November 2018 and see your failures for the last 28 years. Stop blaming apartheid era, they are your failures!

It is sad to see that vital programmes and services are neglected due to shortages of funds. More worrisome is the amount of training and catering at NIPAM. Is funding for schools, hospitals and projects for vulnerable people not priority? Surely this programmes can be postponed until the economy improved.

City of Windhoek. Nee wat julle het sleg geraak. Ek bly in Hochland Park, vanaf 18:00 gaan die krag af vir 'n uur en kom aan vir 5 minute. Dit is eksamen tog, sorteer julle kragprobleme uit. Julle kan beter doen!

MultiChoice, wanneer kry ons Namibiërs “BBC Earth”? Ons betaal daarvoor?

Kalkrand raadslede, kyk tog vir ons na die straatligte van Papegaaie en Donkerhoek. Ligte is afgesit. Kyk tog asseblief daarna, ons sal dit waardeer.

Verwys na tekorte in voorraad en dienste. In Walvisbaai is ’n nuwe stelsel in werking gestel van 1 November 2018. Pasiënte moet voor die kliniek in rye staan en ’n nommer kry om in te gaan om die suster te sien. Die groot probleem is, daar is geen afdak of stoele om te sit nie, My mening, kry eers alles in plek voor dit toegepas word.

Ons, ’n klompie pensioenarisse van buite Windhoek, was Woensdag by die museum in die stad. Reg rondom die museum is dit besaai met vullis. Kan die persone verantwoordelik vir die museum nie ’n bietjie skoonmaak nie? Buitelandse toeriste lê ook daar besoek af. - Bekommerd van Keetmanshoop

Is my reëls onmenslik vir huurders in my “backyard flat”? Na 22:00 geen gaste, 00:00 ligte af. Gaste bring drank en kuier kliphard op weeksaande. Ek het die Here gevra vir goeie mense, omdat ons nie meer jonk is nie. – Moedeloos

Namibië rugby moet meer wedstryde speel. Plaaslike spelers is ongelukkig nie goed genoeg om op internasionale vlak mee te ding nie. Hoekom toer ons nooit met ons beste span nie?

Hentiesbaai se waters lê wiegend op die koue Atlanties stroom in afwagting met elke branderstoot op die komende Desembermaand. Desembers laat slegs die apteker breed glimlag, want senior burgers op Henties staan tweerye diep by die toonbank vir pille teen senuangs, bednatmaak, hoëbloeddruk en oumensangs. - Kwvfobie

So jy kan op die dak dans soos jy wil? Ag asb., koop jou eie huis en maak vuur op jou dak en braai sommer 'n vleisie. Jul verniel seker die huis "anyway". Swak.

Asseblief Openbare Beskermer. Vat Telecom vas wat WiFi verkoop, maar geen behoorlike sein kan lewer nie. Vandag was dit weer so. - Ondangwa

Local authorities, it's nearly year end and we the pensioners still didn't get our yearly increment while the other pension funds have put a smile on their members faces already.

Het 'n WHS seunsbaadjie met 5 hemde en een langbroek. Skakel 081 6165 755.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!